• Instagram
  • Facebook
  • Twitter
kisspng-traveling-carnival-circus-illustration-circus-5a8284bc9e9ba9.115602211518503100649

Die Skou

kisspng-traveling-carnival-circus-illustration-circus-5a8284bc9e9ba9.115602211518503100649

Kom

kisspng-traveling-carnival-circus-illustration-circus-5a8284bc9e9ba9.115602211518503100649
kisspng-traveling-carnival-circus-illustration-circus-5a8284bc9e9ba9.115602211518503100649

Dis ‘n koelerige Dinsdagaand in April 1996. Oor net minder as twee weke begin die dorp se skou en in elke huishouding loop die opwinding hoog. In Loeriestraat 45 word die blink oë en glimlagte gekonfronteer deur die gedagte van tannie Corneli wat verlede jaar dronk op die swaaie geklim het en toe die hemele ingeskiet het nadat ‘n swak skakel in haar swaai ketting gebreek het. Hulle het haar ses ure later in die teerpad gekry en haar met ‘n waslap opgevee. 

27 Mei 2020

Hierdie jaar is ons ‘n groot groep wat saam skou toe gaan, ek is ses jaar oud en my ma het gesê ek mag vir Pietertjie, my heel beste maatjie, saambring. Ouma Lien het op die TV gesien dat daar hierdie jaar ‘n skip in die pret park gaan wees wat mense rustig vorentoe en agter laat swaai. Sy het toe gereken dat dit die ideale rit vir ouer mense is en dat sy, oom Kasper, tannie Vallery en haar man, oom Kassie, hom saam gaan doen. Twee weke vlieg vinnig verby en uiteindelik breek die groot dag aan. 

Dit is Saterdag die 25ste April en ons huis is in rep en roer. Ouma Lien en tannie Vallery het blomme bloese aan en steek mekaar se “shoulder pads” vas. “Lien, julle gaan koue vang as julle so uitgaan” sê oom Kasper en skud sy kop toe hy verby die twee vrouens stap. Hy het sy beste “stovepipe jeans” aan en sy kuif is gejel. Toe ouma Lien klaar was met tannie Vallery toe lyk sy soos ‘n tent. My ma en haar vriendin, Elmarie van Ettiene, is besig om te “make up” en om hulle hare te “tease”. Elmarie van Ettiene  het so baie armbande aan sy klink soos ‘n spookstorie as sy haar arms beweeg. My ma spuit ‘n hele bottel Panache op haarself uit en sit sewe “chokers” om haar nek. Pietertjie dra sy “beige” denimpie met sy “Power Rangers” baadjie en ek’t my “Little Mermaid” sweetpakkie aan.

DS6-2.jpg
Oom Gerrit se Kombi

niemand agter haar wou ry nie want sy’t ‘n vieslike “backfire” gehad. Sy wou oorspronklik gehad het ek en Pietertjie moes saam haar en tannie Vallery ry, maar ek huil toe en sê “vat vir Elamrie van Ettiene”. Mens het altyd skaam gekry om saam met ouma Lien te ry want haar karre het altyd ‘n “beat” gehad omdat daar gedurig ‘n gat in haar “exhaust” was en dan weet die hele wêreld sy’s op pad.

Buitekant blaas ‘n toeter en ons almal storm gelyk voordeur toe, dit is oom Gerrit en tannie Drucella. Hulle het ‘n kombi en ons gaan almal saam met hulle ry. Tannie Drucella leef baie naby aan die Here maar sy’s verslaaf aan seks, drank en grandpa poeiers. Haar boetie, oom Gerrit, maak vir my en Pietertjie die “boot” oop en ons klim in. Elmarie van Ettiene moet agter by ons sit want daar is nie nog plek in die kombi nie en ek is baie ongelukkig hieroor want ek’t nog altyd gedink sy’s ‘n ou “bitch”. Ons moet nog vir tannie Cecile Trusello gaan oplaai en ouma Lien en tannie Vallery besluit toe maar om eerder met haar Pasoula te ry. Oom  Gerrit  het   seker  gemaak  hy  trek  weg  voor  ouma Lien omdat 

Drucella het mekaar twee jaar terug ontmoet op die set van Bles Bridges se “Op die vlerk van ‘n spierwit duif” waar hulle gedien het as rugsteun sangers. Tannie Cecile was ‘n vreeslike eksotiese vrou gewees en ek’t my altyd verkyk aan haar uitrustings. Haar hare is vandag styf, tot teen die middel van haar kop, gevleg en dan is die res daarvan met verskillende strikkies en linte opgebind in iets wat lyk soos ‘n toneel uit “Swimming with sharks”. Sy’t een van haar gordyne om haar nek gegooi met ‘n bloes en ‘n lang bont romp wat sy om haar middel vasgebind het met haar maatband.

Tannie Drucella begin huil toe Herbie en Spence se “Wild klop my hart aan jou sy” begin speel en draai die volume op. Pietertjie sing saam en my ma en oom Kasper gesels oor hoe belangrik dit is om jou liggaam alkalies te hou en oor hoe dokters net te maklik antibiotika voorskryf en dat kondensmelk en turlingtons eintlik presies dieselfde funksie verrig.

DS9.jpg

In die kombi speel Herbie en Spence se “Hy sê dit met ‘n blik en snaar” kliphard oor die radio. Hulle tree vanaand op en die grootmense sien nou al maande uit na die vertoning.  Dié dat ouma Lien en tannie Vallery koue wil opdoen raak dit toe nou vir my duidelik. Ek kyk by die agterruit uit en sien hoe ouma Lien ‘n hoek te skerp vat en haar Pasoula se samp buig. Oom Gerrit hak hom vierde toe en op die hoek van Main Reef en Joubertstraat wag tannie Cecile Trusello vir ons. Tannie Cecile is ‘n naaldwerkster maar ouma Lien klae baie oor haar. Sy sê altyd: “Die Here weet wat daai vrou met al haar tyd doen maar naai, naai sy nie. Ek’t in die somer van 1992 vir haar ‘n patroon gevat vir ‘n palazzo broek  en ‘n   chiffon bloes en tot  vandag toe  nog niks  daarvan  gehoor  nie.”  Tannie Cecile en tannie

 

 

Uiteindelik arriveer ons by die skougronde. Die opwinding raak te veel vir tannie Drucella en dis toe dat sy haar deur oopmaak en uitklim nog voordat oom Gerrit heeltemal gestop het. “Is jy nou heel gefok Drucella?” skree oom Gerrit toe tannie Drucella by die kombi uitval en haar kop stamp teen die enjinkap van ouma Lien se Pasoula. Hy’t so bietjie oor haar been gery met die agterwiel, maar sy het dadelik opgestaan en ons verseker dat sy niks makeer nie. Behalwe vir die knop op haar kop en die grasvlekke op haar rok het sy vir my ook heel oraait gelyk.

Die nag is gevul met die klanke van kindertjies en groot mense wat opgewonde lag, die geure van kerrie en rys, pannekoek en spookasem deurboor jou neus. Groot wit tente staan opgeslaan oor die gronde en agter die tent toppe skitter die liggies van die pretpark. In die parkeerterrein staan rye op rye blink gewaste karre en in duisende stroom die mense na die hekke toe. Tannie Cecile Trusello en oom Kasper maak seker dat hulle voor ouma Lien by die hekke kom want mens kry altyd skaam vir haar wanneer sy begin “bargain” vir ‘n beter prys.

DS3.png
Piet se motorfietsie

Net voor ons by die hekke ingaan hoor ons ‘n skerp bekende toetertjie en toe ons om kyk sien ons vir Piet, ouma Lien se broer, en Harry aankom op Piet se motorfietsie. Piet het net een motorfiets helm so Harry dra ‘n industriële harde hoed. Hulle klim van die motorfietsie af en kom aangestap. Piet dra ‘n spierwit pak met wit skoene, “Ag Here” se ouma Lien moedeloos “Hulle was weer by die Perdeskoen, kom julle maak gou voordat hulle ons sien”. Voor ouma Lien kon keer fluit tannie Drucella met die fluit van ‘n angsbevange herder en waai met haar arms om Piet en Harry se aandag te kry. Dié twee het drie jaar terug gaan valskerm spring en met die landing het Harry sy been seergemaak so nou loop hy bietjie moeilik en moet ons ‘n rukkie lank wag voordat hulle by ons aansluit. 

Ouma Lien kry ons almal toe teen R5 per kop in, min weet sy dat my ma en Elmarie van Ettiene onder deur een van die heinings gekruip het. Elmarie van Ettiene se hare het aan ‘n stuk draad vasgehaak maar my ma het dit los geknip met ‘n skêr. Hulle het intussen alreeds twee sonbrille elk gesteel. Die groot mense is in absolute vervoering met wat hulle alles teëkom in die stalletjies. Ek en Pietertjie kry elkeen ‘n groot ballon met rys in en skud die lewende kak uit die goed uit. Piet en Harry is min gepla oor die stalletjies en is dadelik biertuin toe. Ouma Lien het vir haar ‘n toffie appel gekoop en gee toe vir my en Pietertjie ook een. Ek’t myne drie keer op die grond laat val en hom toe later in my broeksak gebêre. Sy hap daai ding soos ‘n honger perd in Irak, kraak haar oogtand en trek drie stopsels

DS8.jpg

Tannie Val, baie trots by die mampoer

uit. Tannie Drucella, tannie Cecile en tannie Vallery het intussen by ‘n mampoer stalletjie vasgehaak om moed bymekaar te skrap vir die skip wat hulle almal later gaan ry in die pretpark. 

Spence, tannie Cecile se alles

Uiteindelik breek die tyd aan vir Herbie en Spence se vertoning. Tannie Drucella sluk ‘n grandpa poeiertjie en is teen die tyd so gesuip jy kan met haar toor. Ons staan heel voor teen die verhoog, die ligte gaan af, ‘n doodse stilte val oor die tent, toe skreeu tannie Drucella iets viesliks en toe kom Herbie en Spence uitgestap. Ouma Lien het haar hakke uitgetrek en vervang met sandale want die brandsool was besig om haar onder te kry. Die eerste liedjie wat speel is “Al die jare, Juanita” en almal sing saam. Op een deel werk tannie Drucella ‘n vieslike jodel in en skree “sit hom in Vallery”. Tannie Vallery maak haar oë toe en stoot ‘n noot so ongefokken-looflik vals dat sy vir Herbie heeltemal van noot  af gooi. Tannie Cecile se oë was vasgenael op Spence en sy was besig om haar bloes se knope los te maak en net voordat sy by die vierde knoop kon kom was die vertoning gelukkig verby. 

DS4.jpg

Hier's die treffer

DS7.jpg
Tannie Cecile was moer toe

      van goed so sy sê sy wil saam met my en Pietertjie die teekoppies doen. Toe daai ding spoed vang en sy eerste draai met ons maak toe gil daai vrou vir bloumoord dat hulle moet stop. Na die derde draai toe gil sy “Jou fok!” vir die beampte wat die skulpies beman en toe begin sy huil. Ek en Pietertjie stamp vir onsself potblou soos wat die koppies ons heen en weer gooi. Toe ons uiteindelik ons laaste draai maak en die ding stop toe’s tannie Cecile uit haar maatband, gordyn  en vlegsels uit geruk. 

Ons het almal bespreek om mekaar 8uur by die aarbei stalletjie aan die punt van Tent E te ontmoet voordat ons saam na die pretpark toe sou gaan. My ma en Elmarie van Ettiene het reeds vir ons kaartjies gekoop. In die verte sien ons Harry met sy hoepel been aangestap kom met Piet kort op sy hakke. Ouma Lien skaam haarself alweer dood vir haar broer maar sy kry te skaam om iets te sê want intussen het haar toffie appel tand uitgeval en sy wil nie hê mense moet weet nie. Ons almal is toe deur die hekke en my ma vat vir my en Pietertjie om die  teekoppies te  gaan ry.  Tannie  Cecile is bang vir die tipe

DS2.jpg

Toe ons afklim kom oom Kasper opgewonde aangehardloop en sê “Julle moet kom kyk, julle moet kom kyk, Piet en Harry gaan die Dive Bomb doen”. Dit was die mees vreesaanjaendste rit in die hele pretpark en het bestaan uit twee groot pendulums wat 360 grade verby mekaar swaai. Ons almal staar in verwondering na Piet en Harry toe hulle vas gemaak word in hulle sitplekkies. “Piet, julle soek nou vir kak!” Skreeu ouma Lien geïrriteerd bo die skare uit. Die beampte druk die knoppie en die rit begin. Dis nie lank nie toe is almal onderstebo en toe begin daar allerhande goedjies uit die hemel uit val; munte, beursies, vals tande, Piet se glas oog, I.D boekies, Elmarie van Ettiene, sigarette en kots. Toe die twee daar afklim was hulle skoon nugter geskrik. Ettiene het vir Elmarie kom optel en haar huistoe gevat voordat sy heeltemal begin hand uit ruk. “Nou toe” se ouma Lien, “nou gaan ons skip ry”.

Oom Piet
DS5.jpg
Die Dive Bomb
DS1.jpg
Pietertjie, die toffie appel, die skip

Ouma Lien en die res van die grootmense klim op die skip. Na haar ervaring op die skulpies het tannie Cecile besluit sy’s klaar gepretpark en sy word toe aangesê om na my en Pietertjie te kyk. Die skip is amper so groot soos Klerksdorp se P.C Pelser brug. Ouma Lien, tannie Vallery, my ma en tannie Drucella sit heel op die agterste punt van die skip terwyl oom Kasper, oom Gerrit en oom Kassie heel op die voorste punt sit. Een bankie op die skip kan ‘n ry van ses mense vat. Die vier vroumense sit almal langs mekaar en lag en gesels vrolik oor die Herbie en Spence vertoning van vroeër die middag  en  oor Elmarie  van Ettiene  wat  vroeg huistoe is.  Die

beampte druk die knoppie en die skip begin stadig vorentoe beweeg. “Ag hierdie is mos nou lekker, mens wil mos nou ontspan en rustig wees, ek weet nie wat Piet en Harry nou gedink het toe hulle op die Dive Bomb geklim het nie” sê ouma Lien soos wat hulle rustig vorentoe en agter toe beweeg. Sy hang oor die reling en blaas vir my ‘n soentjie, ek vang hom en sit hom in my sweetpak broekie se sak, saam met my toffie appel, en blaas vir haar ‘n soentjie terug. Die skip begin toe stadig maar seker spoed optel en tannie Drucella hou al hoe stuiwer vas aan die yster wat oor haar skoot lê. “Lien, hierdie begin nou vir my so bietjie rof te voel, het jy nie gesê…..” “Sharrap, hou jou bek” sê ouma Lien baie vinnig en benoud vir tannie Drucella nog voordat sy haar sin kon klaar maak. Ek en Pietertjie was intussen moeg gestaan en sit nou kruisbeentjies op die grond en kyk na die skip. Ek haal my toffie appel uit my sak uit en begin weer aan hom eet. Eweskielik hoor ek ‘n gil wat ‘n rilling teen my rug laat af loop. Dit was of ‘n demoon uitdrywing of ‘n eiendomsagent wat ‘n moontlike kliënt teëkom.

Die skip is nou amper op vol spoed en ouma Lien, tannie Vallery en tannie Drucella  se oë is so groot soos volstruisholle. Elke keer wat die skip verby die beampte beweeg hoor ek die vieslikste taal oor ouma Lien se lippe rol, elke woord word met passie en plofkrag beklemtoon. Sy’t eenkeer iets oor die beampte se ma gesê maar ek kan nie onthou wat dit was nie. Hulle is nou op vol spoed en die skip se neus is loodreg met die grond. Ouma Lien, tannie Vallery, my ma en tannie Drucella is ten minste 50 meter die lug in. Tannie Drucella kon dit nie meer hanteer nie en bid toe kliphard, “Here ontvang my soos ek vandag by U hemelpoorte instap”. Sy lig haar hande na die hemele, met haar oë styf toegeknyp, en met dié skiet haar “bra strap” los. Toe daai skip terug kom aarde toe toe ruk die wind vir haar heeltemal uit haar bloes uit. “Drucella jou bloes!” skreeu ouma Lien, “Man fok my bloes!” skreeu tannie Drucella terug. Soos wat gravitasiekrag hulle aarde toe ruk slinger haar regter bors onder haar arm in terwyl die linker een vir tannie Vallery pal tussen die oë tref. Ouma Lien se mond is so groot oop dat mens haar stopsels sien tot agter by die eilandjies van Langerhans. Tannie Cecile het haarself intussen heeltemal bepis en staan dubbeld gevou  langs my en Pietertjie. Die skip het toe vir een laaste keer weer die heelal ingeskiet en op die horison kon my ma vir Elmarie van Ettiene sien toe sy die skougronde verlaat.

DS10.jpg

Twee werk beter as een, sê Ouma Lien.

tannie Cecile by Louis se kafee af want haar seun gaan haar daar kom optel. Oom Gerrit stop by Loeriestraat 45 en ek en Pietertjie spring uit die “boot” uit. Die grootmense groet mekaar en is toe almal terug na hulle huise toe. Toe ouma Lien daai aand op die bed lê en haar radio op Overvaal stereo aansit toe hoor sy vir Piet praat op die inbel program. Hy het ‘n boodskap opgedra aan sy vriend Harry en gevra dat hy hom asseblief by die skougronde moet kom haal want hy en Drucella is daar weg sonder hom. Ouma Lien het ‘n versterkte disprin in ‘n waslappie laat oplos en hom op haar kop gesit nadat sy ‘n groot sluk LaBianca gevat het. Sy het op haar bed gaan lê en saggies gefluister “Dankie Here” en

Die skip het uiteindelik tot stilstand gekom. Tannie Drucella draai haar toe in tannie Cecile se gordyn en vind vertroosting in die arms van Harry. Hulle is toe saam daar weg sonder om ‘n woord te sê. Ouma Lien het om verskoning gevra vir die beampte wat die skip beman en sy’t vir hom gesê sy’s jammer oor wat sy oor sy ma gesê het. Ek’t ouma Lien se hand gevat en met die grootste verwondering in haar oë gekyk en gesê “Dis ‘n oulike skip daai nê ouma?” Ons was almal toe terug in die kombi, ouma Lien en tannie Vallery volg ons in die Pasoula. Herbie en Spence se “Ek’t jou verkeerd verstaan” speel saggies oor die radio. Oom Gerrit wil dit nie wys nie maar mens kan sien hy’s so bietjie bekommerd oor sy suster Drucella wat haar in die vlees laat  beswyk  het en  saam  met Harry  huistoe is.  Ons  laai vir

DS11.png
Louis se kafee

aan die slaap geraak. Klerksdorp skou was vir jare die hoogtepunt op die kalender gewees, maar niemand sal ooit  die skou van 1996 vergeet nie.

kisspng-slihpper-shoe-cartoon-sandal-illustration-shoes-5a9ed299904136.9451844015203580415