top of page
  • Instagram
  • Facebook
  • Twitter
5a28bed26203b7.4465159915126197304015.png
5a28bed26203b7.4465159915126197304015.png
5a28bed26203b7.4465159915126197304015.png

Die Bruil  f,

kisspng-love-computer-icons-symbol-intimate-relationship-c-engagement-ring-5ac6b59f23ade1.
5a1cb089712d89.7348922115118296414636.png
kisspng-wedding-invitation-pattern-yellow-fresh-flower-bones-border-texture-5aa8a00d7b6771
kisspng-wedding-invitation-silhouette-clip-art-wedding-silhouettes-vector-graphics-5a93f27
kisspng-champagne-wine-glass-fizz-gold-champagne-5a6a6042be7894.1590360515169208987802.png
Bottle.png
kisspng-aquarium-math-fish-clip-art-5ae4d6d96bf1b2.0253467115249466494422.png
kisspng-goldfish-koi-stock-photography-siamese-fighting-fi-fish-bowl-5b0c25bb788621.661886
kisspng-logo-wedding-invitation-portable-network-graphics-5c16ddcdf28fe5.50642149154500244
5a293dcfbafd34.4732286015126522397659 copy.png
5a293dcfbafd34.4732286015126522397659.png
kisspng-brautschleier-veil-clip-art-5ae0b30847cd42.5125447215246753362941.png

die plaas en die tert

Dit was ‘n warm somersoggend in Loeriestraat 45 en die opwinding het hoog geloop. Ouma Louie, my pa se ma, het later daardie middag met haar vyfde man getrou . Die vorige vier is oorlede en ons neem aan dit was as gevolg van natuurlike oorsake. Ons het vir ouma Babs by die ouetehuis gaan haal en sy en ouma Bettie was in die kombuis besig met die souttert en die troukoek. Die twee het te lekker giggel en geklets terwyl hulle die koek versier. Ouma Lien was in die sitkamer, besig om die heruitsending van Dallas te kyk en het in ‘n hoogs geïrriteerde toon op my gegil om ’n koerant te bring sodat sy Stoffel se pis kon op-trap. “Hierso ouma” het ek gesê, met ‘n suigstokkie in my mond, en sy’t die koerant uit my hande uitgeruk en oopgegooi op die mat en begin trap. Ek het haar so gekyk en gewonder hoe die Here so ‘n ontsettende mooi vrou kon maak. Selfs hier in die vroeë oggend ure met haar krullers in en in haar japon was sy die mooiste vrou wat ek nog ooit gesien het. “Man Sue-Ellen, JR. is ‘n bliksem” het sy gesê terwyl sy haar sigaretrook uitblaas en aggressief trap om die piskol op te droog. Ek kon sien sy was weer vandag baie angstig gewees, maar ek kon dit verstaan, want ons was ’n groot groep mense wat almal saam Brits toe gaan ry vanmiddag.

Screenshot_20220604-103133_Google.jpg
Ouma Babs, hard aan die bak.
6017543178_501987b02b_b.jpg

Nie lank nie, toe lui die voordeurklokkie. Dit was tannie Una, my ma en Elmarie van Ettiene. Saam met tannie Una was ‘n Libanese man gewees. Sy naam was oom George en hy het Engels gepraat. “Yes ma’am” het ek gese toe hy by die deur instap. Tannie Una het nog nooit n kêrel vir langer as twee maande gehad nie, want sy kon net eenvoudig nie haar lewe insien, gebonde aan slegs een man nie. Ouma Bettie was altyd vreeslik bekommerd oor haar gewees. “Ai Una, wat het dan van Sol geword? Hy was dan so ‘n ou sagte, goeie ou man gewees”. “Te sag en glad nie so goed nie, as jy weet wat ek bedoel” het sy geantwoord en vir Elmarie van Ettiene ‘n oogknik gegee. “Tannie weet mos ek hou van die bliksem en die donder en buitendien, Sol het knopies truie en lang kouse by ’n kort, kaki broek gedra, en geen vrou wil langs so iets in ‘n bed klim nie. My ma het altyd gesê dat oom George nogals ‘n aantreklike man kon wees as hy meer geld gehad het. Elmarie van Ettiene het my glad nie gegroet nie. Ons altwee het ‘n lelike gluur vir mekaar gegee en sy en ma is na ouma Lien se kamer toe om reg te maak. Ouma Lien het vir my gese om nog konfetti te gaan maak, want die tyd hardloop uit. Ouma Louie was op ‘n knap begroting, so al die kleinkinders moes konfetti maak met ‘n gaatjiepons.

Oom George
kisspng-flower-picture-frame-wreath-clip-art-floral-frame-transparent-png-5a78cdf7e1d483.1
8412d6cf546da1dd1599c4a9adab3cdf.jpg
pngkey.com-wedding-veil-png-815298.png
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
9 Junie 2022
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
5a28df5b475462.8001715515126280592922 copy.png
kisspng-eye-shadow-cosmetics-rouge-face-powder-foundation-makeup-eye-shadow-5a6ba38c0270f1
kisspng-lipstick-lip-balm-cosmetics-foundation-eye-shadow-makeup-liquid-foundation-5a7414f
kisspng-eye-shadow-cosmetics-eyeshadow-png-image-5a716995847140.9146503015173820375425.png
kisspng-makeup-brush-foundation-cosmetics-face-powder-makeup-foundation-5a8b8910a88708.378

Die tert en die troukoek was gereed en so het al die vroumense begin regmaak vir die groot dag. Dit was nege uur die oggend en die stres het net te veel geraak vir ouma Lien. Sy’t toe vir almal ‘n sjerrie geskink. “Bottoms up!” het tannie Una gese en in een sluk hare klaar gemaak. Ouma Babs het nie van beter geweet nie en toe maar saam met tannie Una haar sjerrie ook met een sluk afgesluk. “Babs, jou hart!” het ouma Bettie vir haar gese en so het die vroumense toe nou aangegaan met poeier. Ek het vir ouma Lien vir nog pienk papier gevra en toe my laaste bietjie konfetti gemaak.

Uiteindelik breek die groot oomblik toe aan. Die vroumense was gereed en ek en oom George het in die eetkamer gewag om te kyk wat uit daardie kamer gaan uitkom. Elmarie van Ettiene was eerste gewees. Sy was verskriklik onopvallend en het geensins ‘n indruk op my gemaak nie. Na haar, het my ma uitgekom. Haar hare was groot en haar kuif in ‘n “bubble” vasgesteek. Aan haar hare alleen kon mens sien sy was in Schoonspruit Hoerskool gewees. Sy was in ‘n swart “catsuit” met ‘n groot silwer halssnoer om haar nek en ‘n  nagebootste diamant aan haar vinger. As JR. haar kon sien, het hy weer Sue-Ellen se hart gebreek. Na haar was dit ouma Lien se beurt, “fok” het Elmarie van Ettiene gesê toe daai vrou by die deur uitstap. Haar hare was mooier as ooit gewees, sy’t spesiaal vir die geleentheid haar haarwortels gekleur. Haar oë was donker, iets wat vir Cleopatra in haar graf sou laat omdraai het. Om haar nek was ‘n goue halssnoer wat sy by oom Eugene gekry het. Haar lippe was ingekleur en sy was in ‘n bloed rooi “shaffon” bloes met ‘n wye pyp swart broek en goue hakke. “Waar’t die kat gepis?” het ouma Bettie gesê toe sy vir haar sien. Tannie Una het uitgekom in ‘n leeutert-tiervel bloes. Dit het vir my gelyk of die bloes twee nommers te klein was vir haar want sy moes net keer of die “susters” val uit.

MimsFINAL-2.jpg
kisspng-perfume-download-gratis-google-images-fine-perfume-5a9a69e60e4e87_edited.png
kisspng-lipstick-red-lips-clip-art-lipstick-5a948ee6ad6f21.0621490515196853507104.png
Ouma Lien in haar lappe.

Saam met die bloes het sy ‘n “mini” aangehad en lang swart hakke. Haar rooi hare was vasgebind in ‘n kopband van dieselfde materiaal, met twee slierte wat weerskante van haar gesig los hang, “Let’s go girls” het die slet gesê en toe begin ons regmaak om te ry.

Voor ons by die deur uit was, het ouma Lien vir my gevra om vir haar ‘n paar goedjies te doen. Ek moes seker maak dat al die vensters toe was, dat daar so bietjie water in die ketel was, dat Stoffel water in sy bak het en kyk dat die oond af was teen die muur. Oom Eugene was ouma Lien se metgesel en hy het ons kom oplaai met sy kombi sodat ons almal saam kon ry. Voor hy wegtrek, vra ouma Bettie of iemand die tert onthou het. “Ja, hier’s ek!” skree tannie Una van agter af terwyl sy haar lippe inkleur en toe vra ouma Lien vir my om vining die souttert uit die yskas uit te gaan haal. Dit was omtrent so twee ure se ry gewees tot en met Brits en dan nog ‘n ekstra 30 minute om tot by die plaashek te kom.

FinalUnaFinal.jpg
Tannie Una
5a28df5b475462.8001715515126280592922 copy 2.png
5a28df5b475462.8001715515126280592922 copy 2.png
5a28df5b475462.8001715515126280592922 copy 2.png
5a28df5b475462.8001715515126280592922 copy.png
5a28df5b475462.8001715515126280592922 copy 2.png
5a28df5b475462_edited.png
5a28df5b475462_edited.png
5a28df5b475462.8001715515126280592922 copy 3.png
clipart1477125.png
kisspng-balloons-soccer-spirits-personally-identifiable-in-third-year-5b3b30c401e631.85170
kisspng-flower-picture-frame-wreath-clip-art-floral-frame-transparent-png-5a78cdf7e1d483.1
6873a3ca5faa822a8f035d6bc9a6aaae--tractor-wedding-tractors.jpg

Siestog, ouma Louie wou so graag trou op ‘n plek waar sy al haar vriendinne by haar kon hê, maar haar dogter het vir haar gesê ‘n begraafplaas is geen plek vir ‘n troue nie en so het sy toe maar besluit om haar troue dan maar eerder op haar plaas te hou. Toe ons op die Ventersdorp pad kom, toe haal ouma Lien ‘n klein botteltjie sjerrie uit haar handsak uit en stuur hom deur die kombi sodat almal ‘n slukkie kon vat. Sy het haar venster so klein bietjie oopgedraai en ‘n sigaret aangesteek en toe gee tannie Una vir haar ’n kasset wat sy uit haar handsak uitgehaal het. Ouma Lien het die kasset in die radio gesit en toe begin “Baby makes her blue jeans talk” speel. Net voor ons by die plaas kom het oom Eugene by ‘n Engin vulstasie gestop en die vroumense was almal saam badkamer toe om hulle grimering op te knap. Ek het gesien die Libanees het intussen ook rooi “lipstick” begin dra en toe sien ek tannie Una se deurmekaar hare. Hulle was almal giggelend daar weg badkamer toe.

Op pad terug kombi toe het ouma Lien vining by die winkeltjie ingehardloop en uitgekom met ‘n klein botteltjie in ’n bruin papiersak. Ons het weer in die pad geval en die klein botteltjie maak toe ‘n rondte deur die kombi. Toe daai botteltjie weer by ouma Lien uitkom toe’s hy heeltemal leeg. “Oh baby make it hurt so good, sometimes love don’t feel like it should, you make it hurt so good” het ouma Babs kliphard gesing en vir ouma Lien vir ‘n sigaret gevra. Toe ons van die teerpad af op die grondpad moes klim, het ons rye op rye karre gesien. Daar was die vorige nag ‘n groot donder-

5a34e93c7069a0.5154191015134170204605.png

storm op Brits gewees en die grondpad het verspoel. Oom Sarel, Ouma Louie se oudste seun, was daar met ‘n Massey Ferguson en ‘n sleepwa om almal plaas toe te ry. Al die gaste was gelaai en een ontploffing en ‘n wit bol rook later, word ons almal toe plaashuis toe af getrek. Die Libanees het niks van ’n enjin geweet nie en vir tannie Una gesê hy dink dit was ’n los “bearing” of ’n ding. Daai wa was eenslag oor ‘n groot klip en het sterk na links geswaai en toe skree tannie Una, “Hoe meer hop, hoe meer skop!” terwyl ouma Lien besig was om ‘n sigaret te “double clutch”. Ouma Babs het getiep en dit het drie groot mans gevat om vir haar weer op haar voete te kry. “Die sonneblom lyk goed Sarel” het ouma Lien gesê, “Dit lyk of julle min pes gehad het hierdie jaar!” en toe stop ons op die plaasgronde.

Rom9-2.jpg
kisspng-mrs-mr-clip-art-5af291742d6152.1608540115258463881859.png
kisspng-balloons-soccer-spirits-personally-identifiable-in-third-year-5b3b30c401e631.85170
5a28df5b475462.8001715515126280592922 copy 5.png
kisspng-balloons-soccer-spirits-personally-identifiable-in-third-year-5b3b30c401e631.85170
kisspng-wedding-ring-marriage-symbol-wedding-ring-5a9a61324c58a5.6342301315200668663127.pn

Ek moes dadelik na my niggie, Susan, se kamer toe hardloop want ek en sy en Maritza was die blommemeisies gewees en ons moes vining regmaak voordat die troue oor ‘n uur begin. Tot my teleurstelling was die mates van my rok af gewees met twee sentimeter om my middel en moes ek toe maar in my pak die bruilof trotseer. Die vroumense was almal vining badkamer toe vir laaste opknappings en het toe stadig maar seker hulle sitplekke gaan inneem. Voor langs die preekstoel het Jan-Abraham, my nefie, gesit. Hy’t “Careless Whisper” van George Michael op sy blokfluit gespeel terwyl ek, Susan en Maritza by die gang afstap en mieliepitte op die vloer strooi. “Sy lyk so mooi” het Elmarie van Ettiene vir my ma gesê toe ek verby hulle gestap het en ek’t vir haar ‘n vieslike kyk gegee. Hoe meer mielies ons gegooi het, hoe meer het die drie werfhoenders hulle op gepik. Ons het toe uiteindelik tot voor by die preekstoel gekom en  omgedraai en gewag. Jan-Abraham se asem het

5a28df5b475462.8001715515126280592922 copy 5.png

Die trou seremonie was onder die groot kameeldoringboom in die voorplaas gehou. Daar was wit stoele in rye op die gras. “Jy moet nie jou skoene uittrek nie” het my ma vir my gesê, “Jy weet hoe so pendoring vir jou kan steek”. ‘n Wit tapyt was uitgerol vir die bruid en aan weerskante van die tapyt was wit en pienk ballonne vasgemaak aan stoele. Daar was ‘n groot blomvaas met sonneblom en koring voor by die preekstoel en ‘n string liggies wat karig gerangskik was in die boom. Tannie Sanet, ouma Louie se jongste, het vir ouma Bettie gewys waar om die troukoek te gaan sit. Sy was in pikswart geklee met ‘n sluier wat haar

Wedding2.jpg

oë bedek. Die vrou was in rou want sy’t nog skaars die dood van ouma Louie se vorige man verwerk en hier loop staan sy en kry weer nuwe pa. “Julle kan sommer die tert op die kombuistafel gaan sit” sê tannie Sanet. “Ek was al op ’n lessenaar en ’n eetkamertafel maar nognooit op ’n kombuistafel nie, en hoe aanloklik dit nou okal mag klink mis ek hierdie troue vir niks nie” sê tannie Una toe sy haar sitplek inneem.

flute-play-portrait-10886373-2.jpg

opgeraak hier na die einde van sy lied toe en die klank het so stuk-stuk uitgekom soos wat hy begin klaarmaak het. Almal het stil geraak en hier en daar kon mens hoor hoe mense gefluister het en gewonder het waar die bruid kon wees.

Uiteindelik sien ons haar. Aan die einde van die gang stoele het ouma Louie gestaan ingehaak, by haar oudste seun oom Sarel. “Don’t cry for me Argentina” begin speel en toe begin die twee die gang af stap. Ouma Lien het vining haar sigaret onder haar stoel dood gedrukt en toe het almal opgestaan. Sy het absoluut ongelooflik gelyk. Sy was in haar wit rolbal broek en ‘’n lang wit bloes wat in slierte tot by haar knieë afhang. In haar hare was ‘n kantgordyn met ’n klein silwer kroontjie vasgesteek. Oom Piet, haar aanstaande, en tannie Sanet, die vrou in rou, was albei in trane. Ouma Louie en oom Sarel het al twee so bietjie van ritme af geloop en sy't ‘n hoender liggies uit haar pad uit gaskop soos wat sy na oom Piet toe gestap het. Dit was jammer ouma

My ma iewers in 'n sonneblom land.

Babs was nie daar nie, sy’t tog so van ’n troue gehou. Ons moes haar vroeër in ’n kamer gaan toesluit het nadat sy te veel sjerrie gevat het op pad hierheen. Dit was so ’n mooi seremonie gewees tot en met die punt waar ons almal gevra was om op te staan en “Loof Hom met die tromme” te sing en my ma toe begin hande klap het want sy was ‘n apostolie gewees. “Ag nee man Jossie” het ouma Lien vir haar gesê, “Daar’s ‘n tyd en ’n plek!” Ek het my so geskaam want elke keer as die dominee amen sê, het sy kliphard terug geantwoord en haar kop geskud en haar een hand opgelig die hemele in. Dit was die naaste wat tannie Una nog ooit aan ‘n kerk gekom het en sy’t haarself vir bloumoord koel gewaai, want ek was seker sy’t gedink sy gaan daar dag vlam vat.

Louie, neem jy vir Piet as jou wettige getroude man. Beloof jy om hom lief te hê en te koester, in goeie- en in slegte tye, in siekte en in gesondheid, in rykdom en in armoede, om jouself net vir hom te hou vir solank julle albei lewe?”. “Sê ja Louie” het ouma Lien gegil, ek’t gesien sy’t nie haar tand in gehad nie. “Piet, neem jy vir Louie as jou wettige getroude vrou. Beloof jy om haar lief te hê en te koester, in goeie- en in slegte tye, in siekte en gesondheid, in rykdom en in armoede, om jouself net vir haar te hou vir solank julle albei lewe?” “Sê nee oom!” het tannie Sanet deur haar sluier gegil.

kisspng-balloons-soccer-spirits-personally-identifiable-in-third-year-5b3b30c401e631.85170
kisspng-balloons-soccer-spirits-personally-identifiable-in-third-year-5b3b30c401e631.85170
kisspng-balloons-soccer-spirits-personal
5a28df5b475462.8001715515126280592922.png
kisspng-balloons-soccer-spirits-personally-identifiable-in-third-year-5b3b30c401e631_edite
clipart1477125.png
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
kisspng-high-heeled-footwear-sandal-shoe-pink-watercolor-high-heels-5a9e8b17240fe5.2059135
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
kisspng-balloons-soccer-spirits-personally-identifiable-in-third-year-5b3b30c401e631.85170
kisspng-shoe-high-heeled-footwear-boot-high-heeled-shoes-5aa76c6f3d6528.710632461520921711
kisspng-balloons-soccer-spirits-personally-identifiable-in-third-year-5b3b30c401e631.85170
5a28df5b475462.8001715515126280592922.png
5a28df5b475462.8001715515126280592922.png
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
pngkey.com-snapchat-logo-png-19864.png
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379

As daar dan enigeen teenwoordig van enige rede weet waarom hierdie egpaar nie in ’n heilige huwelik saamgevoeg moet word nie, praat nou of bly vir altyd stil” Ons het ‘n groot slag gehoor en sien toe tannie Sanet het van haar stoel afgeval soos wat sy en oom Sarel aan die stoei gegaan het toe sy haar hand wou opsteek. “Daarmee verklaar ek julle dan nou wettiglik man en vrou, Piet jy kan jou bruid soen” sluit dominee Oberholzer af. ’n Koei bulk in die vêrte, “Yes ma’am!” skree ek en toe spring almal op en klap hande en fluit. Niemand het regtig geweet of hulle aandag op die bruidspaar moes wees of op tannie Una en oom George, wat ook ferm besig was om mekaar op te eet nie. Ek en Maritza en Susan het toe vinnig vir almal konfetti uitge-

deel en so het die nuut getroudes die gang af gestapt terwyl verskillende kleure in blou, pienk, groen en geel die heelal ingegooi was. Oom Sarel maak ‘n krat oop en sewe wilde tarentale vat vlug soos wat die egpaar deur die skare beweeg het.

clipart1477125.png

Ons almal was toe gevra om na die onthaalsaal toe te beweeg. Dit was gehou in die groot skuur net langs die huis. Ouma Lien en die nader vroumense het dadelik 'n sjerrie geskink en toe was ons na ons tafel toe. In die middel van elke tafel was ’n groot wit blomkool omring met leë vis blikkies, elk gevul met malva blommetjies. In die hoek van die skuur was ‘n spitbraai gewees met tafels wat gekreun het onder slaaie en ander bykosse. Abba se panfluit CD het saggies in die agtergrond gespeel terwyl almal te heerlik gesels het en opgevang het. Jan-Abraham wou sy blokfluit weer uitruk, maar sy ma het hom goddank gekeer en hom gevra om vir my en Susan en Maritza te kry. Ons moes help om die meel op die dansvloer te strooi. Die egpaar was intussen iewers buite in ‘n mielieland besig om trou foto’s te neem en ek dink tannie Una en oom George was nie vêr agter hulle nie.

Screenshot_20220605-164803_Google.jpg
pngkey.com-snapchat-logo-png-19864 copy.png
pngkey.com-snapchat-logo-png-19864.png
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
elderly-couple-wedding-photography-26__605.jpg
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
kisspng-light-floor-angle-pattern-night-lights-5a6af553a82f48.1148230015169590596889.png
kisspng-light-floor-angle-pattern-night-lights-5a6af553a82f48.1148230015169590596889.png
kisspng-light-floor-angle-pattern-night-lights-5a6af553a82f48.1148230015169590596889.png

Uiteindelik het die egpaar toe by die deure in gestap. Dit was net kamera flitse, ‘n gefluitery en ‘n gejuig. Hulle neem toe hulle sitplekke in aan die bruidstafel en toe het die toesprake begin. Net nadat oom Piet se broer 'n heildronk op die bruid ingestel het, het tannie Una en oom George stilletjies by die saal in gesluip. Daar was ‘n mielieblaar in haar hare en drie vermiste knopies aan oom George se hemp. “Waar was hulle ouma?” vra ek vir ouma Lien. “Seker gaan ploeg” antwoord sy terug en skud die as van haar sigaret af in een van die vis blikkies op die tafel. Na die toesprake was almal gevra om te gaan opskep, na ete gaan die dans begin. Ouma Bettie het ‘n Checkers sak by haar gehad waarin sy al die bene en oorskiet stukkies vleis vir Stoffel gebêre het.

Almal was klaar geëet en om ons tafel het almal hulle drankies opgevul. Die ligte was verdof en die bruidspaar was gevra om na die middel van die dansbaan te beweeg. Almal was op hulle voete en het hande gevou gestaan terwyl hulle gekyk het na die nuwe kosbare, liefde tussen twee ongelooflike ou mense. Oom Piet het diep in ouma Louie se oë gekyk en haar gesig het sy warm oë verwelkom. Hy’t sy hand om haar middel gesit en haar nader aan hom getrek. Sy’t onskuldig gegiggel en het haar hand op sy skouer gesit en toe het Liewe Lulu begin speel en so het die twee toe nou die dansvloer oom gemaak. “En as almal staar na die meisie hier voor. Laggende glimlag en haar oë jou deurboor. Dit leef as jy dans en jy gly soos ’n kat oor die vloer.” het oom Piet saam met die liedjie gesing soos wat hy sy skouertjies opgetrek het en op ritme na ouma Louie toe gestap het voordat hy vir haar gryp het en in ’n draai om die dansvloer beweeg het. Almal was toe aangemoedig om aan te sluit by die egpaar en met al die romanse in die lug kon tannie Una haarself net eenvoudig nie meer inhou nie en het sy vir oom George gegryp en toe sommer ook die dans gelei. My ma het ’n boksie “Grandpa” poeiers uitgehaal en op die tafel neer gesit. Sy’t geweet nou gaan hulle krag nodig hê en al die vrouens het ’n poeiertjie gevat en afgesluk met ’n glasie sjampanje.

clipart1477125.png
ceremony-by-the-pond-photo-by-tune-farm-copy_51_973338-157633878353280.jpg
DSC_8132-e1437740093302.jpg

Toe sy terugkom van die dansvloer af het ouma Lien vir haar so bietjie blou fieterjoel in haar sjampanje gegooi. “Dankie, Lien, die Here weet ek het dit nodig. Ek is ’n tydbom wat wag om te ontplof, ag julle moet asseblief mooi na my kyk vanaand”. Sy het haar kop agtertoe gegooi en daai glasie weggesluk in een vinnige beweging voordat sy terug dansvloer toe is om die Macarena te gaan dans. “Sy moes darem maar haar werk as verpleegster op die grens verskriklik geniet het” het ouma Bettie gesê terwyl sy gepeusel het aan ’n stukkie souttert. Ouma Liën het aanvanklik gesê sy gaan 12uur bed toe gaan, maar die probleem met 12uur is dat dit presies een minuut voor 2uur is as mens nie versigtig is nie. Teen 2uur daai oggend het die feesvieringe stadig maar seker begin doodloop en het almal reggemaak om bed toe te gaan. Ons het daai aand sommer oorgeslaap op die plaas en sou die volgende môre terug Klerksdorp toe ry. “Louie, nou is jy darem gereed en voorbereid vir die huweliksnag, jy weet jy’s nie meer ’n jong vrou nie en mens moet maar versigtig wees met 'n mens se bloeddruk so op ons ouderdom?” vra ouma Lien bekommerd vir ouma Louie toe hulle gaan groet het. “Ja, man” het ouma Louie gesê, “Una het vir my so bietjie blou fieterjoel gegee wat ek in Piet se drankie gegooi het en na my heupvervanging staan ek nie meer terug vir die lewe nie”. Die twee het toe vir mekaar ’n druk gegee en toe haal ouma Lien haar trougeskenk uit haar handsak uit. Dit was ’n klein koevertjie gewees “Ag Louie, dis sommer ietsie kleins” en toe sy dit oopmaak sien sy dat dit R30 MTN lugtyd was.

kisspng-barn-owl-pellet-bird-vole-owl-png-file-5a71b1d0afab34.2870690215174005287196.png
kisspng-flower-bouquet-nosegay-wedding-dried-bouquet-5a7093236b8f03.6914169115173271394406

Ons is almal toe na ons kamers toe maar tannie Una het gesê sy gaan so bietjie langer bly. Sy en oom George het besluit om nog een laaste drankie te drink waarna hulle bietjie op die gras wou gaan lê om so bietjie satelliet te kyk. “Kan ek ook gaan satelliete kyk ouma?” het ek vir ouma Lien gevra, maar sy’t gesê satelliete kyk is vir die grootmense en dat dit lank oor my bedtyd was. Die volgende môre het ons almal ontbyt geëet onder die groot kameeldoringboom. Ouma Louie en oom Piet het aangestap gekom en ek het gesien sy’t so bietjie moeilik geloop. Tannie Sanet het uitgebars in trane toe sy dit sien. Siestog, haar heup het haar seker weer probleme gegee. Tannie Una het ’n groot donkerbril opgehad en het baie min gesels daardie oggend. Ek dink sy’t nie lekker gevoel nie, want geen mens kon ’n Macarena dans soos daai vrou hom gedans het en die volgende môre normaal uit die bed uit opstaan nie.

5a28df5b475462.8001715515126280592922.png
5a28df5b475462.8001715515126280592922.png
kisspng-flower-picture-frame-wreath-clip-art-floral-frame-transparent-png-5a78cdf7e1d483.1
kisspng-flower-picture-frame-wreath-clip-art-floral-frame-transparent-png-5a78cdf7e1d483.1
5a28bed26203b7.4465159915126197304015.png

Dit was uiteindelik tyd vir die bruid om die ruiker te gooi en al die enkel vrouens was gevra om vorentoe te gaan. Die familie het besluit dat daar liewers nie ’n kousband gegooi moet word hierdie keer nie, want op ouma Louie se vorige troue was haar bloedsirkulasie afgesny en het hulle vir haar amper begrawe met haar blomme. Tannie Una was heel voor gewees en op die telling van drie het ouma Louie haar ruiker gegooi. Sy was ’n bietjie oorywerig gewees, en het regtig haar gewig agter die gooi ingesit. Daai ruiker was dak toe en het amper vir ’n nonnetjies uil uit haar nes uit gegooi voordat tannie Una vir Maritza weggestamp het en die ruiker gevang het. Omdat daar nie ’n kousband was nie, was al die enkellopende mans gevra om in ’n ry te gaan sit voor in die stuur. Tannie Una kon dan enigeen van hulle kies om mee te dans, iets wat glad nie ’n probleem vir haar was nie. Sy’t toe vir arme Jan-Abraham gegryp. Sy was ten minste 20 jaar sy senior, maar ouderdom het haar nog nooit gekeer nie en dit het nogal gelyk of Jan-Abraham homself ook geniet het. Hulle het drie volle liedjies saam gedans en toe hulle klaar was, het sy vir hom aan die gesig gegryp met haar twee hande en gevra; “Wil jy weer gaan?” “Ja, tannie” het hy gesê. “Jy kan sê ja tannie, jy moet net nie sê nee tannie nie, en as jy sê ja tannie moet jy net nie sê nog tannie nie” en sy knyp toe vir hom op die wang en het terug tafel toe gestap terwyl sy die sweet van haar voorkop af geven het.

Na ete het ons vir ouma Louie en oom Piet gegroet. Hulle was oppad Margate toe vir twee weke vir hulle wittebrood. Hulle is toe op ’n perd daar weg tot by oom Ortlep se plaas waarna hy hulle lughawe toe gery het met sy bakkie. “Hoe romanties” het tannie Una gesê “Ek dink ek was ’n perd in my vorige lewe”. “Hoekom?” vra ouma Bettie? “Omdat jy sulke lang bene het?”. “Nee tannie, moenie simpel wees nie!” lag tannie Una en stoot so liggies teen ouma Bettie se skouer, “Omdat ek al so baie gery was”. “Goddeloos, dan was ek seker ’n kameelperd” het ouma Bettie gesê en haar hand in tannie Una s’n gesit, "Kom jou ou tert, help my by die trappie op" en so het die twee al giggelend kamer toe gestap om te gaan pak voor ons gery het.

Screenshot_20220605-141023_Chrome.jpg
Oom Piet se piesang onderbroek

Die rit terug Klerksdorp toe was heel rustig gewees. Al langs die pad af het die groen lande gelê, oopgesprei sovêr soos die oog kon sien. “Making love out of nothing at all” van Air Supply het saggies oor die radio gespeel. “Ja, ou Louie” het ouma Lien gesê terwyl sy liggies aan haar sigaret getrek trek, “Wie sou twee jaar gelede kon dink dat jy weer sou trou.” “Ag hoe mooi is die liefde dan nie” het tannie Una gesê in ’n toon van opgewondenheid terwyl sy by die kar venster uit gestaar. het “Om te drink van die borrelende fontein van die liefde. Om weg te raak in die oë van ‘n beminde…ag, wat ek nie sal gee om tog eendag op ‘n wittebrood te gaan nie. “Wat praat jy!” het ouma Bettie gesê, “Jy’t nog nooit teruggekom nie!” Ouma Lien het intussen ‘n bood-

skap van ouma Louie ontvang. Hulle het veilig in Margate geland en was reeds ingeboek by hulle hotel. Ons moet vinnig weer kom kuier het ouma Louie gesê. “Sê vir Una dankie vir die trougeskenk, ek’s seker oom Piet gaan mal wees oor die “g-string” en Piet sê jy moet vir George ook dankie se, hys mal oor sy piesang onderbroek.”

gstring.png
5a28bed26203b7.4465159915126197304015.png
5a28bed26203b7.4465159915126197304015.png
5a28bed26203b7.4465159915126197304015.png
5a28bed26203b7.4465159915126197304015.png
5a28bed26203b7.4465159915126197304015.png
5a28bed26203b7.4465159915126197304015.png
5a28bed26203b7.4465159915126197304015.png
5a28bed26203b7.4465159915126197304015.png
kisspng-placemat-pattern-4-white-lace-trim-pattern-vector-5a6eb156a71c31.26327564151720379
bottom of page