top of page
  • Instagram
  • Facebook
  • Twitter
PoolTiles.jpg
Hyro.png
Hyro.png
Reeds.png
Reeds_edited.png
PoolTiles.jpg
PoolTiles.jpg
kisspng-green-circle-pattern-cucumber-slices-5a706b18333f58.9849764015173168882099.png
PoolTiles.jpg
WaterMiems.png
PoolTiles.jpg
WaterMiems.png
kisspng-transparency-and-translucency-drops-of-water-droplets-5a913f9e4712e7.1778843615194
PoolTiles.jpg
PoolTiles.jpg
PoolTiles.jpg
Poolwater.png
WaterMiems.png
WaterMiems.png
Poolwater.png
kisspng-swimming-pool-lifebuoy-lifeguard-stock-photography-lifebuoy-5ab5af7738ff54.1245926
PoolTiles.jpg
Poolwater.png
PoolTiles.jpg
PinkPool.png
Poolwater.png
PoolTiles.jpg
PoolRails_edited_edited.png
Poolwater.png
Pietertjie
PoolTiles.jpg
Poolwater.png
Choco.png
iStock-98116636-1030x771.jpg
kisspng-ancient-egypt-early-dynastic-per
kisspng-yarn-wire-rope-2nd-road-hanging-5affa5208cda95.013271151526703392577.png

Die D rp Swembad

kisspng-swimming-pool-lifebuoy-lifeguard-stock-photography-lifebuoy-5ab5af7738ff54.1245926
kisspng-transparency-and-translucency-drops-of-water-droplets-5a913f9e4712e7.1778843615194
brick.png
kisspng-easter-paskha-clip-art-water-5aa
Diving.png
iStock-98116636-1030x771.jpg
kisspng-transparency-and-translucency-drops-of-water-droplets-5a913f9e4712e7.1778843615194
kisspng-transparency-and-translucency-drops-of-water-droplets-5a913f9e4712e7.1778843615194
kisspng-goggles-glasses-swim-cap-swimming-clip-art-goggles-and-swimming-cap-5a8ba45422e852

Ouma Lien het geglo daarin om my nederig en dankbaar groot te maak. Sy het my altyd herinner aan hoe swaar sy gekry het as kind en hoe dit haar vandag ’n beter mens gemaak het. Ek het op agt jaar oud tot die gevolgtrekking gekom dat ouma Lien ’n Israeliet was en na aanleiding van haar swaarkry as kind was dit vir my duidelik dat sy modder moes trap en koring moes maal onder die ysterhand van Farao. Wanneer ek by haar gekuier het en ons Checkers toe was, het ek haar altyd gevra vir ‘n sjokolade en dan in plaas van die sjokolade, het sy eerder vir my gepreek oor hoe my ma vir my heeltemal te veel bederf. Tydens hierdie gesprekke tussen my en haar het sy so ’n ou moedelose uitdrukking op haar gesig gehad en haar stemtoon het geklink asof sy in onmenslike pyn was. Sy’t dit altyd afgesluit met ’n, “Werner, kry jy nie skaam nie?” en dan haar kop geskud en ’n bottel old brown sherry in die “trolley” gesit. Die grootte van die bottel was in direkte ooreenstemming met haar gemoedstoestand vir die dag en ek’t gesien sy’t daai dag ’n vyf liter gelaai.

Ek het dadelik verstaan en dan gedink aan hoe sy destyds as kind ’n piramide moes bou en skuins gemoer was as sy ’n klip op ’n verkeerde plek gesit het. Wie was ek om hartseer te wees oor ’n ou stukkie sjokolade? In elk geval, daar was min goedjies in en om ouma Lien se huis wat ’n mens opgewonde gemaak het. Wanneer ek by maatjies gaan kuier het, was dit byvoorbeeld vir my baie lekker gewees om buitekant op hulle gras te kon sit. Ouma Lien het elke sent twee keer omgedraai, en net soos in die dae toe sy in Egipte was, was water ’n seldsame kommoditeit gewees so ons het net plaveisel en rooigrond om die huis gehad. Klein dingetjies soos gras en “coco-pops” vir ontbyt, by my maatjies se huise, het vir my verskriklik opgewonde gemaak. Wanneer ek by my maatjies se verjaarsdae partytjies was, het ek nooit te veel koek geëet nie, want ek het geweet my ma bederf my te veel.

PoolTiles.jpg

Gedurende die somer maande het ouma Lien my altyd bederf met uitstappies na die dorp se swembad toe. Nou vir ’n kind wat nie gras of M-Net en gaskoeldrank by sy huis gehad het nie was hierdie uitstappies iets wat vir my verskriklik opgewonde gemaak het. Sy het my nooit vroegtydig laat weet wanneer ons swembad toe sou gaan nie, want sy’t gesê ek maak haar van haar kop af so ek het dit eers altyd op die dag uitgevind. Een naweek het ouma Lien gesê ek mag vir Pietertjie en vir Sampie saamvat swembad toe. Hulle was my beste maatjies gewees. Ouma Lien  het altyd gesê Pietertjie put vir haar uit, maar sy kry vir Sampie jammer want hy was verskriklik maer gewees en sy ma het nie vir hom mooi aangetrek nie.

kisspng-easter-paskha-clip-art-water-5aa8090f9b38b2_edited_edited.png
Child2.jpg
Sampie
kisspng-transparency-and-translucency-drops-of-water-droplets-5a913f9e4712e7.1778843615194
kisspng-transparency-and-translucency-drops-of-water-droplets-5a913f9e4712e7.1778843615194
Cjild3_edited.jpg

Sampie se ma het hom kom aflaai by ouma Lien se huis. Hy het langerige hare gehad met ‘n groot mond en oë. Daar was ligte swart sirkeltjies onder sy oë en sy tande was net-net te vêr uitmekaar uit gewees. Hy was altyd in ‘n kort denim broekie en in een van my ou wit T-hempies en groen sandale. Sampie se bynaam was elf gewees, want sy beentjies het onder sy denim broekie uitgehang soos twee nommer eens. Almal het hulle altyd verstom aan Sampie wanneer daar

skoolfonds insamelings was want sy boogvorms was altyd eerste vol gewees. Pietertjie het kort na Sampie opgedaag en toe was ons gereed om te gaan. Ons het almal in ouma Lien se karretjie geklim en so is ons viertjies toe nou op pad dorp swembad toe. “I must confess, that my loneliness is killing me now” het ek gesing en toe het ouma Lien die radio afgesit en gesê ek mag nie na sulke duiwelse musiek luister nie.

kisspng-easter-paskha-clip-art-water-5aa8090f9b38b2_edited_edited.png
kisspng-easter-paskha-clip-art-water-5aa8090f9b38b2_edited_edited.png
kisspng-easter-paskha-clip-art-water-5aa

my hand en sê vir my om haar nie weer vir iets te vra daardie maand nie. Nêrens in jou lewe leer jy meer oor ’n dorp, sy kultuur, en sy mense as by sy swembad nie. Daar is letterlik ietsie van alles, “Jirre, red ’n nasie” het ouma Lien gefluister en so stap ons viertjies om ’n koelte plekkie onder een van die bome te gaan soek. Ek het nog nooit so baie groen gras of water op een plek gesien nie. “Julle praat met niemand nie en julle swem net waar ek julle kan sien!” het ouma Lien vir ons gesê en toe haar handdoek oopgegooi en haar Huisgenoot en old brown sherry uitgehaal. 

Uiteindelik stop ons by die swembad. Ouma Lien het gesoek vir ‘n so bietjie koelte vir die kar en moes teen die sypaadjie op ry, iets waarin sy ondervinding gehad het, om onder die boom te kon stop. Ons is toe na die hek toe om ons ingang te betaal. Pietertjie en Sampie het hulle eie geldjies gehad en ouma Lien sit toe ’n R5 in

PoolTiles.jpg
kisspng-yarn-wire-rope-2nd-road-hanging-5affa5208cda95.013271151526703392577.png
kisspng-swimming-pool-lifebuoy-lifeguard-stock-photography-lifebuoy-5ab5af7738ff54.1245926
WidePool.jpg

Die swembad was ontsettend groot, 50 meter in lengte en dan het hy tien bane gehad. Daar was ook drie duik planke, elkeen ’n verskillende hoogte. Aan die diepste kant was die swembad amper vier meter diep gewees en dit was altyd vir ons ’n uitdaging gewees om te sien of ons die bodem kon raak.  Sampie was te maer gewees om te sink so hy’t altyd met ’n baksteen ingespring. Ek en Pietertjie het altyd benoud geraak, want as Sampie by die twee meter merk kom, kon mens hom nie meer sien nie en dan moes ons induik om hom te gaan soek. Ek het eenkeer afgeswem om hom te soek maar ek kon hom nie dadelik sien nie, want daar was drie krake in die swembad bodem en ek het nie geweet waai een was Sampie nie.

PoolTiles.jpg
brick.png
c3.png
c2.png
c4.png
kisspng-easter-paskha-clip-art-water-5aa8090f9b38b2_edited_edited.png
Childc_edited.jpg

Hulle het ‘n battery radio gehad en het gerook en baie hard gelag. Mens wou nie te lank in hulle rigting kyk nie, want hulle

kêrels was daai tipe wat mens kom bliksem as mens kyk, maar mens kon nie anders nie. Petro het my gesien en skelm vir my gewaai en ek’t skelm terug gewaai. Ons was maatjies gewees verlede jaar,  maar nadat hulle my leer rook het, het ouma Lien my verbied om weer by hulle huis te gaan speel.

Analise
Child453306__605_edited.jpg
Hannetjie

Hannetjie en Petro was al twee in ’n bra en ’n “panty”, want hulle ouers wou nie onnodig geld mors op swemklere nie. Hulle twee was definitief die sterkste twee swemmers by die swembad gewees daai dag. Hulle het geleer swem in die Vaalrivier wanneer hulle pa gaan visvang het. Petro het nogal ’n stewige borsslag aan haar gehad. Sy moes eenkeer haar suster, Hannetjie, red nadat ’n stroom vir haar gevat het,

rivier af, verby die Compaans se huis. Hulle pa was besig om ’n mielie-bom te gooi toe hy sy kroos verby hom sien spoel. Hannetjie het in haar kêrel se arms gelê op die gras en ’n sluk van sy bier gevat.

oma3.jpg

Van agter af het ek ‘n vieslike gil gehoor.  Ek was amper dood seker ek’t my naam ook gehoor maar ek’t nie gereageer nie. Toe ek omkyk toe sien ek ’n vreeslike kommin vrou met ’n uit tand en ’n glasie sherry in haar hand. Sy’t ’n vol kostuum met kolletjies aangehad, en een van die bandjies het los teen haar skouer afgehang. “Kom weg daar! Mannetjie, jy het nie ore nie!” gil die vrou en dis toe dat ek besef dis ouma Lien. Sy het baie gelyk soos die res van die demografie by die swembad en dit was waarom ek aanvanklik nie terug geantwoord het nie, want mens weet nie regtig of jy nou gemoer gaan word of nie.

Bra.png

Ek en Sampie en Pietertjie het toe besluit om onder die boom by ouma Lien te gaan sit en ‘n lekkertjie te eet en ’n koeldrankie te drink. Pietertjie het sy rugsakkie uitgepak en hy het ’n “twinkie”, ’n pakkie Simba “chips”, ‘’n blikkie “cream soda” en twee sjokolades gehad. Ek het nognooit vir Sampie so na iets sien kyk soos wat hy na Pietertjie se eetgoedjies gekyk het nie. Sampie se ma het niks vir hom gepak nie, maar ouma Lien het gesê sy het genoeg lekkers gekoop vir ons twee om te deel. Toe ek in ons Checkers sak kyk toe sien ek sy’t vir ons ’n groot familie pak pepermente en gemmerbier gekoop. Ek’t een peperment gevat en toe gee ek die pak vir Sampie. Ek’t vroeër R8.25 uit die swembad uitgeduik en het toe snoepie toe gegaan om vir my regte koeldrank en lekkers te gaan koop. Sampie het hande vol pepermente op ’n slag in sy mond gedruk. As hy met jou gepraat het, het jou oë begin brand en moes jy ’n baadjie aantrek. Die hoeke van sy mond was spierwit en hy’t sommer sulke groot slukke gemmerbier uit die bottel uitgevat. Nie lank nie toe staan hy op en kondig aan dat hy nou van die tien meter duikplank af gaan spring. “Jirre die kind het te veel gemmerbier gedrink!” sê ouma Lien. Dit het baie oortuiging en leë beloftes van my en Pietertjie gekos om vir Sampie uit hierdie idee uit te praat. Verlede jaar het hy probeer spring van die tien meter duikplank af en ’n wind het vir hom skeef gevang en vir hom oor die heining gewaai. Hy was deur DanLou motors se advertensiebord en die owerhede het hom vier kilometer vêrder in die stadsaal se heining gekry net langs die spuitfonteine.

WomanPool_edited.png
Mints.png

Nie lank nie toe hoor ons ’n gedruis en ’n gejuig van almal om die swembad. Almal se koppe was gelug in die rigting van die tien meter duikplank, en met die strale van die son wat majestueus agter haar skyn sien ons vir Hannetjie Pienaar. Sy’t op die punt van die duikplank gestaan met haar arms bokant haar kop, handpalms teen mekaar en vingerpunte na bo. “Lekker sussa, steek hom!” het Petro gegil en ‘n bier blikkie in die lug opgesteek as ’n tipe vorm van saluut vir Hannetjie se dapperheid. Almal om die swembad het geskree en vir Hannetjie aangemoedig. Ouma Lien het haar tand ingesit en onder haar boom uitgekom om ook te kom kyk waaroor al die bohaai gaan. “Ag nee man, is die kind dan nou simpel, haar ma-hulle het nie medies nie!” Hannetjie het haar oë toegemaak en ‘n diep asem gevat. ’n Doodse stilte het oor die swembad geval en toe sê sy, “This is my gift, my curse. Who am I? I’m Spiderman!” en toe spring daai kind. 

July-1938-Faber-Park-Pool..jpg
diving copy.png
Stoney.png
kisspng-tomato-juice-pasta-italian-cuisine-tomatoes-vegetables-5a9bd815539b50.591554361520

Hannetjie is daai middag daar weg in drie staats ambulanse. Ouma Lien was verskriklik emosioneel gewees oor die hele situasie, soos wat sy gewoonlik was wanneer sy te veel sherry gedrink het, en het vir ons laat belowe dat ons nooit, maar ooit, van daardie duikplank af sou spring nie. Sy’t gesê as mens jonk is weet jy nie wat jy aan jou liggaam doen nie. Dink nou net aan die graad rugpyn in hierdie wêreld as almal nou so uit die lug uit moet begin val. Ouma Lien het toe vir ons gesê om ons goedjies op te pak en dat dit tyd was om huis toe te gaan. Sy’t gesê ons moet by die hekke uit voordat die myners van die werk afkom, want dan word die plek glo heel anders. Soos ons weggery het, het ek terug gekyk en Hannetjie se bra sien hang in die swembad heining.

kisspng-green-circle-pattern-cucumber-slices-5a706b18333f58.9849764015173168882099.png

Haar middel was gebuig, met haar knieë styf teen haar bors, soos wat sy in haar eerste bollemakiesie in beweeg het. Mens kon ’n speld hoor val tussen die skare. Toe sy uit die bollemakiesie uitkom het sy haar lyf reg getrek. Haar linkerhand was agter haar rug en haar regterhand was teen haar voorkop en toe begin daai kind draai soos jy nog nooit gesien het nie. Die aggressie in haar draai, tesame met die wind, ruk toe vir haar heeltemal uit haar bra uit en toe is dit net tiete en hare. Van daardie oomblik af het alles begin skeef loop vir Hannetjie. Sy kon vir haarself nie behoorlik uit daardie draai kry nie. Haar tydsberekening was met ’n breukdeel van ’n sekonde af en toe tref sy daai water soos nat kak. Die slag waarmee Hannetjie daai water geslaan het, het ‘n knal gemaak wat almal se ore laat tuit het. Daai swembad het geskei soos die Rooi See en ek moes net keer of ouma Lien sou deur hom stap. “Fok sussa, kant toe! Kant toe! Het Petro gegil.

Toe ons by die huis stop was ons honger gewees van al die geswem en geson en ouma Lien het vir ons elkeen ’n eiertjie gebak met ’n snytjie brood, ’n stukkie tamatie en komkommer. Sy het nie baie daarvan gehou as my maatjies by ons geëet het nie, want dit was iets waarop sy nie begroot het nie en veral op ’n dag soos vandag waar sy reeds geld moes spandeer aan pepermente, gemmerbier en ingang by die swembad. Sy’t vir ons drietjies gesê dat ons almal die volgende dag haar kar gaan was om dankie te sê vir die petrol geld wat sy gebruik het om ons swembad toe te ry. Later die middag het Pietertjie se ma hom kom oplaai en hulle is toe daar weg. Sampie se ma het vir ouma Lien gebel en gevra of Sampie asseblief by ons kon slaap want sy’t vergeet om sy paslaken te was. Hy kon blykbaar onder geen omstandighede sonder ’n paslaken slaap nie. Sy het aan ouma Lien verduidelik dat sy altyd vir Sampie onder die paslaken indruk vir ingeval hy deur die nag van die bed af rol. Die paslaken vang hom dan en keer dat hy nie vir homself dood val op die vloer nie. Hierdie mates moes gevolg word as gevolg van die feit dat Sampie so maer was. Sy’t ook vir ouma Lien gevra om groot asseblief twee ekstra komberse oor Sampie te gooi, want die dokter het glo vir haar gesê dis ’n wonder dat hy die laaste winter oorleef het. Al was dit nou somer kon mens nooit te veilig gewees het nie.

istockphoto-172285166-612x612.jpg

Ouma Lien het sommer vir Sampie daai aand in die bed gesit met ’n warmwatersak en seker gemaak sy steek daai paslaken mooi onder die matras vas. Sy het drie alarms gestel om deur die nag te kyk of die kind nog asemhaal. Toe sy daai volgende môre in ons kamer instap het sy geskrik toe Sampie nie in sy bed lê nie, maar het ’n sug van verligting geslaak toe sy hom in die paslaken sien hang langs die bed af. Ons tweetjies het toe reggemaak vir skool en saam-saam gestap. Pietertjie het vir ons by die hek gewag en so is ons drietjies toe na juffrou Magda se klas toe. Analise Conradie was voor by juffrou Magda se lessenaar en die twee was intens besig met ’n gesprek oor Analise se toekoms. Die interkom het afgegaan en die skoolhoof het aangekondig dat Hannetjie Pienaar kritiek, maar in ’n stabiele toestand is, en dat ons vir haar kan gaan kuier in Klerksdorp hospitaal. Sy was blykbaar in saal ses, sewe en agt.

Na die afkondiging het juffrou Magda vir ons gesê dat ons moet begin beplan aan die skoolkonsert vir die einde van die jaar. Die konsert het gegaan oor die Israeliete en Egipte. Sy het toe vir ons “The Prince of Egypt” opgesit sodat ons ’n beter idee kon kry van wat sy beplan het. Sy’t gesê die storie was gebaseer op die waarheid en ek het vir Pietertjie gesê dis regtig so want dit gaan oor ouma Lien se kinderdae. Toe die fliek klaar was, het Pieterjie vir my gesê hy verstaan nou vir ouma Lien beter en hy’t my gevra of sy haar huis met haar eie hande gebou het. Iets waaraan ek tot en met daai dag nog nooit vantevore aan gedink het nie. Later daai middag het juffrou Magda ons ingedeel in verskillende rolle. Ek het geweier om enige ander rol anders as die Farao se vrou te vat. Juffrou Magda het gesien sy gaan nie wen nie en moes toe maar instem. Ek was in die mooiste, maar mooiste wit lap met ’n goue ketting om my nek en een van my ma se “chokers" om my bo arm. Sy’t my oë ekstra donker gemaak met haar oogpotlood. Die toneel het begin waar ek myself bad in die Nyl, saam met my diensmeisies, en toe die biesies mandjie tussen die riete sien. Ek’t vooroor gebuk om die mandjie op te tel en toe spring ’n krokodil uit daai Nyl uit en vang vir my amper. Dit was Petro Pienaar gewees, sy was die krokodil. Pietertjie was Moses gewees en Sampie was een van die sprinkane van die tien plae. Hulle het vir hom uit die dak laat hang en vir hom getrek oor ’n toneel mielielande. Hy’t een van die mielies mid-vlug gegryp en amper al die dekor saam met hom van daai verhoog afgepluk.

kisspng-ancient-egypt-column-clip-art-ancient-egyptian-stone-hall-5a70927369c0c6.198917961
kisspng-crocodiles-chinese-alligator-gha
kisspng-grasshopper-diagram-illustration-vector-grasshopper-5a69d6ec4ca303.139885051516885
Pyramid.png
Pyramid_edited.png
Pyramid_edited.png

Na daai konsert het ek verstaan as ouma Lien vir my nee gesê het. Ek kon verstaan hoekom sy altyd gesê het mens moet werk vir iets wat jy soek. ’n Mens kan nie net vir jou ouma vra om vir jou ’n sjokolade te koop sonder dat jy aanbied om haar kar te was of om die boom se blare op te hark nie. Die piramides het nie hulleself gebou nie! As kind moes sy deur baie moeiliker tye gegaan het en maar tevrede gewees het met iets soos ’n warm bakkie koring vir aandete en ‘n glasie water wat sy self uit die put moes optrek. Met die jare het ouma Lien my gedurig herinner dat my ma vir my te veel bederf wanneer ek ’n griep spuit gekry het of met ’n nuwe paar skoene of T-hemp by haar huis opgedaag het. Toe ek sestien word, het sy lossies van my sakgeld begin aftrek en moes ek haar petrol geld gee om my by die skool te gaan aflaai. Sy het gesê ’n kind wat bederf word, is ’n sleg ding en ’n sleg ding het nie werk vir sy hande nie. Ek het baie goedjies so met die loop van die jare by ouma Lien geleer, maar my grootste les was dié van dankbaarheid en om jouself altyd die vraag te vra; “Het ek dit nodig, of bederf ek nou net myself?”

kisspng-tree-layering-email-watercolor-painting-pile-of-leaves-5b14d6d5a27788.701175491528
kisspng-hand-tool-rake-garden-tool-broom-5ac2c52faa4b68.5834578515227139036975.png
21 Augustus 2022
kisspng-transparency-and-translucency-drops-of-water-droplets-5a913f9e4712e7.1778843615194
kisspng-transparency-and-translucency-drops-of-water-droplets-5a913f9e4712e7.1778843615194

Dit was altyd vir ons baie groot pret om goedjies in die swembad te gooi en dan te sien of ons dit kon uitduik. Ouma Lien het geregeld vir my gesê ek moet kyk of ek ’n geldjie sien en dan moet ek dit vir haar bring, want ek is haar groot slim seun. Sy het een maand haar water en elektrisiteit rekening betaal met die geldjies wat ek so vir haar uitgeduik het. Aan die oorkant van die swembad het ons vir Analise Conradie gesien. Sy was saam met ons op skool en was ’n baie mooi meisie gewees. Juffrou Magda het altyd vir Analise gesê dat sy niks in haar lewe gaan bereik nie, want sy’t geen ambisie nie. Nadat sy graad vier vir die derde keer moes oordoen, het sy besef akademie was nie vir haar nie en het sy al haar aandag aan skoonheid en velsorg bestee. Haar groot droom was om eendag aan Mej. Klerksdorp deel te neem sodat sy met ‘n ryk man kon trou.  Agter haar, in een van die hoeke, was Hannetjie en Petro Pienaar saam met hulle kêrels.

C1.png
bottom of page