top of page
  • Instagram
  • Facebook
  • Twitter
kisspng-clip-art-portable-network-graphics-serpentine-stre-serpentine-streamer-birthday-cl
kisspng-clip-art-portable-network-graphics-serpentine-stre-serpentine-streamer-birthday-cl

Die Grootmense Gaan Dans

kisspng-cigarette-pack-sticker-5afdf85085e882.6930018715265936165485.png
dans3.jpg
My gunsteling storie

Die jaar is 1998. Dit is ‘n ongemaklike warm somer Saterdag middag. Ek en Stoffel lê op die sitkamer mat en kyk Die Kind van die Sterre. My pa is besig met sy vierde Olofberg, ek weet dit want hy het Steps se CD in die kombuis aangesit. My ma maak gekookte eiers, hoenderboudjies en klein driehoek broodjies wat sy in ‘n piekniekmandjie pak. Ek’t laas sulke kossies geëet by tannie Tossie se begrafnis. Die Here het haar kom haal nadat sy en oom Loekie gemeenskap  gehad  het in die parkeer area voor die kerk.  Ek’t my ma

gevra wat is gemeenskap toe sê sy dit is wanneer mense met vuur speel en toe knik ek my koppie en gooi 'n roosblaartjie op tannie Tossie se kis en vat my mamma se hand. Inelkgeval, my ma-hulle het reg gemaak om vanaand Perdeskoen toe te gaan. Eenkeer ‘n maand het Klerksdorp Hotel ‘n vastrap gereël in ‘n groot saal net buite die dorp, uit op die Palmietfontein pad. Ek was veronderstel om by ouma Lien te gaan slaap maar sy en oom Eugene gaan ook Perdeskoen toe so toe besluit my ma hulle om my maar saam te vat. Gelukkig het hulle gesê dat tannie Sanet en Pietertjie ook daar gaan wees, hy was my heel beste maatjie. 

29 Januarie 2021

My storie op die TV is klaar en in die kombuis is Steps vervang met “Sexy Eyes” en toe weet ek my ma is ook nou dronk. Tannie Sanet en Pietertjie was vyf uur by ons huis gewees want ons gaan almal sommer saam in ons bakkie ry. Saam met tannie Sanet was oom Abrie of oom Attie of oom Johan of oom Ronald. Ek kan nie eintlik onthou nie want tannie Sanet het altyd ‘n ander oom gehad. My ma het gesê dis omdat sy van ‘n springkaan hou maar dit het nie vir my sin gemaak nie.

dans7.jpg
My Pa se bakkie

“canopy” in klim. Die "canopy" se deur kan nie lekker oop bly nie so toe ek in is druk ek die besemstok onder die deurtjie in maar dié gly toe en donder neer op Pietertjie se rug. 

Sy rug was aant bloei terwyl hy klop aan die klein venstertjie tussen die “canopy” en die bakkie om sy ma se aandag te kry. Toe sy die venstertjie oopskuif bliksem Dana Winner se Greatest Hits ons tussen die oë. Pietertjie huil vreeslik en daar is snot onder sy neus, “Jy’s 'n moffie” sê ek saggies en hou my beentjies vas en vat ‘n slukkie van my Oros. Toe hy sy hempie oplug om vir tannie Sanet te wys toe kon ek reg deur tot in sy longe in sien. Tannie Sanet grou toe in haar handsak en gee vir hom ‘n tissue en ‘n versterkte disprin,  “Each day I live I want to be a day to give the best of me” sing sy, en toe skuif sy ook maar die venstertjie toe . 

Ons almal klim toe in die bakkie, my pa se een oog het al so klein bietjie begin hang, en hy’t sy gunsteling blou blokkies kerk hemp en "jeans" aan. My ma en tannie Sanet giggel en Pietertjie vra toe hoekom en toe sê tannie Sanet vir hom want hulle is gevul met die Heilige gees en toe sê ek vir Pietertjie dis regtig so want ek’t dit eenkeer in die kerk gehoor. Oom Abrie of oom Attie of oom Johan of oom Ronald slaan vir tannie Sanet op die boud toe sy by die deur in kruip. “Dis vieslike gedrag” fluister  ek toe  ek en  Pietertjie  agter  by die

 

My pa “reverse” uit die motorhuis uit en ry so bietjie oor Stoffel se agterbeen en so is ons toe nou op pad. Die “canopy” pas nie heeltemal oor die bak van die bakkie nie en is hier en daar met draad en lemoensakkies vasgebind. Ek dink die “canopy” was gemaak vir ‘n Datsun maar ons is in ‘n Hilux. Die deur van die “canopy” kan ook nie toe maak op knip nie en dié klap-klap so teen die bakkie soos wat ons oor die grondpad beweeg. Net voor ons by die Perdeskoen opdaag is daar ‘n “speedbump” in die pad wat my pa heeltemal te laat sien en teen 120 kilometer skiet ons die hemelruim in. Pietertjie klap sy kop so tlô teen die “canopy” se dak vas en gee ‘n hik toe hy op die matrassie val. Ek krap my arm oop tot teen die been teen ‘n stukkie van die blou-draad wat die “canopy” op die bakkie hou. Die deur slaan teen daai bakkie vas soos ‘n Jehova getuie sy vuis teen ‘n voordeur slaan, en met dié val die ruit uit daar op die Palmietfontein pad. "O fats” sê my pa en maak nog ‘n bier oop. Na twintig minute is ons uiteindelik by die Perdeskoen. Ek sien ouma Lien se volla netjies en blink gewas in die rye en rye karre staan. Toe die bakkie se deure oopgaan toe val ‘n "toolbox" uit toe val tannie Sanet ook uit. Ek sê vir Pietertjie, “Ek dink jou ma is dronk” Nee sê hy sy is nie, sy raak bleikbaar anders as sy gaan dans.

dans5.jpg

Ouma Lien se plesiertjie

en vandag weet ek waar die dorp Paternoster sy naam vandaan kry. “My ma sê tannie Una hou ook van springkaan, nes jou ma” sê ek vir Pietertjie en sit een van die pepermente in my mond.

Die mense is almal baie vriendelik toe ons by die saal instap. “Fokkit seun, laas toe ek jou gesien het was jy nog aan die tiet gewees” sê oom Viper toe hy my sien. Pietertjie vra my toe of hy ook ‘n Christen is en ek sê toe ja. Ek hoor ‘n vieslike lag, amper soos wanneer mens ‘n klavier sou rol, en sien toe vir ouma Lien en tannie Vallery by ‘n groot ronde tafel sit. My ouma was vir my die heel mooiste vrou van almal. Haar rok was groen, haar oë was blou, haar hare was groot en sy’t haar tand in. “Eendag as ek groot is gaan ek soos ouma Lien aantrek” sê ek vir Pietertjie soos ek na haar toe hardloop. Voor haar op die tafel lê haar “clutch”, ‘n pakkie Piet rooi, ‘n asma pompie en twee pepermente. Oom Eugene en oom Kassie kom by die tafel aan en lyk so bietjie benoud. “Jirre Lien jy moet kom help, Una is op dokter van Niekerk se tafel en  vra vir n  konsultasie.”  Ek’t omgekyk en haar op die tafel sien lê

WIE1.jpg

Ek en Petro Pienaar toe ons nog maatjies kon wees

wou nog my hele lewe lank leer om te rook. Petro haal toe ‘n pakkie Courtleighs uit en steek een sigaret aan. “Waar kry jy die sigarette?” vra Pietertjie vir haar, “By my meisie, ons is lesbene” sê Petro terwyl sy ‘n trek vat. “Ek wil ook eendag ‘n lesbeen wees” sê ek. “Fok, hy tref diep” sê Hannetjie toe dit haar beurt was. Sy trek daai arme sigaret met een trek tot teen aan die “filter”. 

Intussen het my ma en pa en tannie Sanet en oom Abrie of oom Attie of oom Johan of oom Ronald gaan stelling inneem by Elmarie van Ettiene se tafel. Hannetjie en Petro Pienaar was ook daar. Hulle was in standerd drie en hulle het al gevloek. Ouma Lien het my altyd gesê daai twee dogtertjies is so bietjie gom maar sy kry hulle eintlik jammer want hulle word in ‘n rowwe huis groot en hulle pa mag dalk hulle oom wees maar niemand is regtig seker nie en niemand vra regtig vrae nie. Die Pienaar susters het vir my en Pietertjie elkeen aan ‘n hand beet en ons gaan willig saam met hulle buiten toe. “Ons gaan julle vanaand leer rook” sê Hannetjie toe ons buite by ‘n leë swembad kom. My oë glinster want ek

Dans2.jpg

Waar ek my eerste sigaret gerook het

Sies Hannetjie, jy praat lelik, my ma sê ek is in die eindtye gebore en in die laaste dae gaan kinders tee praat en mense gaan “drugs” doen en daar gaan groot springkane wees, en ek weet tannie Sanet en tannie Una hou van springkane maar my ma sê dis lelike goed en hulle gaan groot wees en hulle gaan mense seer maak”. Net toe kom tannie Sanet om die draai en sien ons rook en gil, “Julle bliksems, julle speel met vuur!” Toe sy dit sê het ek onmiddellik my hande in gebed gevou en my kop gelig na die hemele want tannie Tossie is dood nadat sy en oom Loekie met vuur gespeel het in die kerk se parkeerarea.

Dans1.jpg
Die klein glasies koeldrank

praat die mense ook partykeer snaakse goed, of huil, net soos vanaand. Ek en Pietertjie was vreeslik trots om in sulke gelowige huise te kon groot word. Onder ons tafel was ‘n matrassie vir my en Pietertjie. Ek’t ‘n gebed opgesê en toe my ogies toegemaak soos wat David Hasslehoff se "Highway to your heart" my droomland toe vat.

6df6f0bc80c90e8f65fcc7c7af5ce825.jpg
Toe raak dinge lekker

Ons was daai aand verbied om ooit weer saam met die Pienaar susters uit te hang. Teen tienuur die aand was ek en Pietertjie moeg en wou ons huistoe gaan. Binne in die saal gaan dinge lekker. Tannie Una en dokter van Niekerk gooi 'n lastige "two- step" verby my en Pietertjie. Ouma Lien en oom Eugene is onder die tafel opsoek na haar tand. My pa en ma en tannie Sanet en oom Abrie of oom Attie of oom Johan of oom Ronald drink koeldrank uit  sulke klein glasies uit.  Ek het dit al in die kerk gesien eenkeer en dan 

 

Was gereeld in ons huis gespeel

Uiteindelik was dit tyd om huis toe te gaan. My pa dra my ma bakkie toe want sy was baie bitterlik moeg gewees. Halfpad bakkie toe, toe val hulle oor Hannetjie en Petro Pienaar. My pa het gesê dis omdat hy nie sy bril opgehad nie. Dié twee het buite gedoeks, onder hulle stasiewa, maar hulle ouers het hulle vergeet en toe ek mooi kyk kon ek ‘n ligte “tire” merk op Petro se bo been sien. Tannie Sanet en oom Abrie of oom Attie of oom Johan of oom Ronald baklei want sy sê hy is lastig. Ek dink hy was ‘n baie snaakse oom want elke keer dan fluister hy ‘n grappie in tannie Sanet se oor dan giggel sy en klap sy hand weg van haar "guava" af. Ek en Pietertjie klim agter by die "canopy" in en my pa gooi toe sommer my ma saam met ons in. Siestog, sy moes baie moeg gewees het want sy’t nie eers wakker geword nie. 

5eda4ab285600a620509c5c2.jpg
Tannie Sanet toe sy Rusland getoer het

My pa het vir tannie Sanet gevra om die stokke te vat want hy’t gese hy was baie moeg gewees. Nie tien minute later nie toe hoor ons ‘n snaakse geluid. Toe ons by die venstertjie uitkyk toe sien ons tannie Sanet ry al die paaltjies plat aan die die regterkant van die pad. Haar koppie kap so teen die bestuurs venster en haar asem maak ‘n wasempie teen die ruit soos wat sy doeks agter die stuur. My ma het intussen wakker geword en gaan toe aant gil dat Sanet moet wakker. Met die, skrik tannie Sanet en pluk aan die stokke en so is ons dwarsdeur Lubern Veevoere se heining en aan die ander kant uit, weer terug op die pad. My ma het intussen deur die venstertjie tussen die bakkie en die “canopy” gekruip en ‘n vieslike winkel haak in haar rok geskeur toe sy by die anderkant in val. Sy’t so groot geskrik sy’t dadelik oom Thys se Openbaringsreeks se "tape" in die radio gedruk en tussen die geskarrel en remoer hoor ek iets van ‘n vierde trompet wat blaas en ‘n rooi perd en ‘n koninkryk en toe ry tannie Sanet oor Stoffel en toe is ons by die huis. 

Dans8.jpg
Die icebergs waar deur tannie Sanet gery het

nag nog by die huis uitgekom. Ons het gewoonlik op Sondae na oom Thys se kerk toe gegaan om te hoor van die laaste dae en van “drugs” en springkane, maar daai Sondag het ons by die huis gebly en my ma het vir ons gelees uit 1 Koringkrieke 4 vers 5. Ek dink sy’t baie warm gekry want sy’t met ‘n lappie op haar voorkop rondgeloop. “Wat is ‘n lesbeen mamma?” vra ek. Sy gee ‘n harde sluk, skuif ongemaklik rond op haar stoel, maak haar keel skoon en sê toe “Di’s mense wat baie van koek hou” en di’s toe dat ek finaal besluit het om eendag ‘n lesbeen te word.

Ek was so bietjie hartseer gewees want Stoffel was my gunsteling hondjie, maar my ma het gese hy is nou by Liewe Jesus en toe gee sy my ‘n disprin en ‘n soen op my voorkop. Tannie Sanet en die oom en Pietertjie klim toe in hulle kar en gaan huis toe. “My fok Sanet” skreeu my ma toe tannie Sanet oor haar Icebergs ry. Haar kar het drie keer gaan staan op die grondpad en hulle is eenkeer oor ‘n baie groot klip maar hulle het daai

AShtray.png
bottom of page