Die mooi straatliggies waarna ons altyd gaan kyk het





24 Desember 2021
Kersfees by uma Lien
As klein seuntjie het kersfees definitief bo aan die kalender vir my gelê, net soos ek seker is vir jou ook. Om mee te begin was dit Desember vakansie en het dit beteken dat ek vir een hele maand lank nie in juffrou Willemse se gesig hoef vas te kyk nie. Sy was my wiskunde juffrou, en ek het haar gehaat. As ek so na my toets puntjies gekyk het dink ek die gevoel was wedersyds. Behalwe vir die feit dat dit somer vakansie was, was daar ook die mooiste liggies in Kerkstraat gewees. Van een lamppaal tot die ander het stringe op stringe liggies gehang met tinsels en balle en engele. Ons het gereeld deur die dorp gaan ry om na die liggies te gaan kyk. Een jaar, tussen al die tinsels en balle en engele, het ons vir oom Piet ook gesien hang. Hy was vroeër die nag by die hotel gewees en ouma Lien het gesê hy raak laf as hy by
die hotel was en dat hy dan goed doen wat geen grootmens onder normale omstandighede sal doen nie.






Dit was 1998 en ek was agt jaar oud. Elke jaar was Kersfees gehou by iemand in ons familie se huis en die jaar was dit ouma Lien se beurt. Dit het versrkiklik op haar gewerk om almal vir die nag te huisves. Sy’t meer as gewoonlik gedrink en haar geduld was op sy laaste. Ons het vir ouma Babs gaan haal en sy en ouma Bettie het vir ouma Lien gehelp om ‘n spyskaart uit te werk. Die kombuis het geruik asof iets in hom gebeur en RSG het kliphard in die gatergrond gespeel terwyl al die oumas deeg uitrol, sout gou en drink. Ouma Lien het ‘n oulike resep vir ‘n Krismis koek in ‘n Kook en Geniet gesien en het gesê sy sal die jaar die nagereg verskaf. Die enigste mense wat Krismis koek eet is mense wat nie geld het vir ‘n “meringue” of malva pudding nie maar ek dit nie vir ouma Lien gesê nie want sy was reeds omgekrap omdat tannie Louise gevra het of Melicia vir ons Stille Nag kon sing op Ou Kersaand.

Ouma Babs hard aan die werk
Ouma Lien het vir my gesê ek moet ‘n briefie vir Kersvader skryf en vir hom sê wat ek soek. Ek’t ‘n pen en papier by haar gekry en toe geskryf dat ek ‘n Little Mermaid pop wou hê net omdat ek ‘n bietjie met iets anders as “Tupperware” in die bad wou speel. Sy’t my briefie in ons posbus gaan sit, “Moet ons nie poskantoor toe nie ouma?” sê ek “Man, moenie vir jou slim hou nie mannetjie” het sy terug geantwoord en was terug kombuis toe om vir ouma Babs en ouma Bettie te help agter die potte. Ouma Bettie was op een van die stoele met ‘n lappie op haar kop en onder haar stoel sien ek hoe sy ‘n dadel moer toe in die grond ingetrap het. Al die vriende en familie wat genooi was, was gevra om elk ‘n gereg saam te bring. Tannie Una het gesê sy’t nie geld gehad nie toe sê ouma Lien vir haar dis oraait sy kan foelie bring om die bakke mee toe te maak. Ouma Lien het gesê ons moet ons handsakke weg steek want tannie Una bring vir oom Jacques saam en hy steel. Hulle vermoed dit was hy wat laas jaar ouma Babs se hoesgoed gesteel het.
Dis uiteindelik Ou Kersdag en ons het gereed gemaak vir die gaste om oor te kom. Ouma Lien het vir my gesê ek moet die kersboom opslaan en kan versier hoe ek okal dink nodig in die sitkamer. Sy het verlede jaar die kersboom by Game gekoop maar daar was net genoeg geld vir een pak balle, ‘n enkel string liggies en twee tinsels. Ek was die heel oggend in die sitkamer en het almal verbied om in te kom, dit moes ‘n verrassing wees. My ma was so bietjie vroeër daar om vir ouma Lien hulle te help met die eetkamer tafel. Sy’t baie mooi gelyk. Sy’t ‘n roomkleurige palazzo broek aangehad met’n bloes wat ek nognooit gesien het nie. Ek’t ‘n glasie slegte aanmaak koeldrank in my hand gehad en het na haar toe gehardloop om vir haar ‘n drukkie te gee. “Pasop seuna, moenie op my bloes mors nie” sê sy toe sy my versugtig druk “ek moet hom more terug vat”. Ek onthou toe dat sy soms ‘n mooi dingetjie op sig vat en dan net die etiket mooi wegsteek in die mou op sodat sy dit kan terug vat en haar geld kan terug kry. Dis hoe sy my stiefpa ook ontmoet het. Ek vat toe haar hand en sê “kom kyk”. Ek’t vir haar gesê om haar oë toe te hou totdat ek vir haar sê om oop te maak. Ek lei haar sitkamer toe “een, twee, drie maak oop!” sê ek.





Toe my ma haar oë oopmaak toe sien sy net sonskyn, kak en watervalle. Dit het gelyk soos Klerksdorp kinderhuis, maar ek moes klaar kom met dit wat tot my beskikking was so ek weet nie wat het hulle nou juis verwag het nie. Die boom was in die hoek gewees en dit het gelyk soos iets wat wou afbrand of wou omval. Hy was maar eil versier gewees en mens kon reg deur hom sien. Ouma Babs het die “popcorn” stringetjie wat ek om die boom moes hang opgeëet vroeër die middag tydens RSG se radio teater voorlees program. “Hoekom is die liggies nie aan nie?” vra my ma en ek sê toe want ouma Lien het gesê ons moet krag spaar, haar oond was al heeldag aan, en toe val dit my by om die “geiser” te gaan aansit. Ek’t geverfde pasta stukkies hier en daar op die klein tafeltjie gestrooi in die sitkamer en ‘n sak meel op die mat uitgegooi wat sneeu vertoonwoordig het. “Ma soek ma nog ‘n glasie sherry?” skreeu my ma vir ouma Lien en draf-stap benoud uit die sitkamer uit.
Teen vyf uur die middag begin die gaste een vir een opdaag. Tannie Una en oom Jacques was eerste. My ouma het vir my gevra om vir hulle te gaan oop maak. Toe ek die deur oop maak toe sien ek tannie Una het haar foelie en ‘n kosblik in haar hande. “Hallo tannie, kan ek tannie se handsak vat? My ouma sê oom Jacques steel”. Sy’t bietjie ongemaklik gelyk en oom Jacques was rooi in sy gesig maar dit was nogals warm buite gewees so dit moes die rede vir die rooiheid gewees het. Tannie Louise, oom Dirk, Melicia en Dolfie was volgende. Tannie Louise was baie ryk gewees en kon net Engels praat “How do you do your majesty?” sê ek toe ek vir hulle die deur oop maak. Ek het op die TV gehoor dis hoe mens ryk mense groet. Tannie Toekie en haar broer oom Sarel was volgende. Tannie Toekie het gelyk soos ietsie wat mens agter aan die boom kon hang en dit het my oë so bietjie gekielie, oom Sarel was in ‘n pak gewees. “Kan ek tannie se handsak vat” vra ek. Elmarie van Ettiene en Ettiene daag toe op, sy’t vir my ma ietsie gegee uit haar handsak uit en hulle het altwee vinnig ‘n slukkie gevat en toe begin hulle geggil. Die laaste mense wat opgedaag het was oom André en sy vyfde vrou. Ek weet nie wat’s haar naam nie want mens wou nie te geheg raak aan sy vrouens nie. Almal loop deur die meel en sit hulle geskenkies onder tannie Toekie neer, “Nee julle, daar’s die boom sê ek.”

Ons het baie lekker geëet, en ek was baie bly oor die regte egte coke.
bliksem” skreeu sy, tannie Toekie slaan so bietjie aan die brand, en toe gaan die liggies aan. Daar’s ‘n swart kol teen die muurprop en aan die punte van ouma Lien se akriel naels en ‘n derde van die liggies is geblaas.
Ek en Melicia het op die vloer gesit en en met haar Barbies gespeel. Ek kon nie vir Melicia verstaan nie want sy’t ook net Engels gepraat so ek’t net heeltyd gesê “yes mam”, ek’t op die TV gehoor dis hoe mense wat maniere het Engelse mense terug antwoord. Uit die hoek van my oog sien ek hoe Stoffel agter die bank poef waar Elmarie van Ettiene sit, maar ek’t gemaak of ek dit nie gesien het nie want ek’t nie van haar gehou nie. Ons almal is toe eetkamer toe om te gaan eet. Kersfees was die een dag in ouma Lien se huis waar mens nou iets anders kon eet as ‘n gebakte eier met tamatie en agt stukke komkommer. Daar was boontjies, pampoen, rys, sous, aartappels, tong, hoender, foelie en regte egte coca-cola op die tafel. Toe ons klaar geëet het toe is ons terug sitkamer toe, ouma Lien sit uiteindelik die kersboom se liggies aan, daar’s ‘n moerse slag, ‘n vlam skiet verby die Bethlehem ster, “jou


Lyk lekker nê?
dronk soos ‘n tor want ouma Lien het perongeluk drie koppies brandewyn in die beslag ingemeng. Tannie Louise het halfpad gekom met haar sny toe sê sy bleikbaar sy’s op ‘n dieet sy kan nie die hele stuk op eet nie. Ek het geweet sy praat die waarheid want ryk mense eet min.
Ek en Melicia en Dolfie kon nie wag om persente oop te maak nie het aangehou om die grootmense te neul. “Julle moet nou vir my mooi hoor” sê ouma Lien so bietjie ongeskik vir ‘n Ou Kersaand, “die grootmense gaan nou eers nog bietjie kuier, en na dit gaan Melicia vir ons sing en dan kan ons persente oop maak. Gaan haal Boney M se “tape”, hy’s bo in die kas daar waar my konsertina lêer staan, langs oupa Piet se as. Ek sien hoe Elmarie van Ettiene lekker kry toe my ouma so met ons praat, en sy en my ma vat nog ‘n sluk Red Door. Uiteindelik is dit tyd vir nagereg en Ouma Lien het groot stukke Krismis koek vir almal opgeskep, ek was bang vir haar so ek moes dit eet maar ek’t nie gekou nie, ek’t die stukkies heel ingesluk sodat dit gouer verby was. Almal het verskriklik lank geëet aan die koek, behalwe ouma Babs, sy’t vir nog gevra. Drie stukke koek weg toe’s ouma Babs so
Ouma Lien se gunsteling
Toe almal klaar geëet was vra ouma Lien of hulle nog soek, en dit was so bietjie vreemd vir my toe almal in een stem skreeu nee dankie hulle is verskrilik versadig. Ouma Bettie help toe vir ouma Babs op en halfpad by die sitkamer uit tiep sy, toe die meel gaan lê toe lyk tannie Toekie soos ‘n sneeuman langs die kersboom. Ouma Lien sê toe ek moet haar kom help met die skinkbord, ons moet sherry vir almal bring want Melicia gaan nou sing. In die kombuis sluk ouma Lien vining twee glasies sherry voordat sy vir almal enetjie begin gooi. Sy’t gesê sy’t krag nodig vir wat vir ons voorlê. Baie trots stap ek toe met die skinkbord sitkamer toe en bied vir almal hulle sherry aan. Tannie Louise het ietsie gesê in Engles en toe sê ek “yes mam” en buig laag met my een voetjie voor die ander een voordat ek vir oom Dirk sy sherry aangebeid het. Ek het een keer op die TV gesien as iemand ryk is moet mens laag buig.




Melicia staan toe op, trek her rokkie reg, maak so snaakste beweging met haar mond (amper asof sy verstik), maak keel skoon en begin toe Stille Nag sing. Met passie en oorgawe vernietig sy elke persoon in daai sitkamer se goeie herinneringe gekoppel aan daai lied. Sy sing daai donkies, vir Josef en die wysemanne uit daai kraal uit. Dit was alles behalwe ‘n Stille nag. Ek skreeu “yes mam” en lig my hande op want die grootmense doen dit in die kerk. “Sleep in heavenly peace” kraak haar stem op die einde en sy’s toe klaar maar nog voordat enige iemand kon hande klap of keer, toe gooi Melicia haar hare na links en trek los met Juanita Du Plesis se Skarumba. Sy’t vir hom bitter diep gaan haal en partykeer het sy my bang gemaak as sy so op die ritme pomp met haar arm en haar oë so groot trek. In die laaste koor het sy haarself heeltemal laat gaan, sy was nie meer in Loeriestraat 45 nie maar in Sun City, iewers op ‘n verhoog. “Yes mam” skreeu ek harder soos wat haar stem sy kruin bereik en deur die klank grens breek. Dolfie het twee lepels gegryp en hulle op ritme teen sy bo been begin geslaan. “Skarumba” stoot sy vir ‘n laaste keer ‘n noot die heelal in en toe val daar ‘n doodse stilte oor die sitkamer. Oom Sarel het net sy gehoorstuk terug gesit toe lui die voordeur klokkie. Dit was die polisie, hulle het vir Melicia kom arresteer. Ouma Lien het haar geroep en hulle het vir haar gebind en agter in die vangwa gegooi en is toe daar weg. Ons het later gehoor sy’t drie gevangenes op hulle knieë gebring met haar sang van “By Bethlehem in winter kou”.

die kafee af nie. Ek en Dolfie is gevra om vir Kersvader die geskenkies aan te gee wat onder tannie Toekie lê en dan moet ons dit vir die mense vat nadat hy hulle name gelees het.
Ouma Lien sê toe sy moet gou kafee toe ry, en die ander grootmense sê vir my en Dolfie om vir Kersvader te gaan soek. Dolfie het ‘n kop flitsie aan en ek dra vir Stoffel in my arms en so loop ons om die huis en soek en soek. Na 20 minute het ons nog nie vir Kersvader gekry nie en besluit toe maar om terug te gaan sitkamer toe. Ons het net gaan sit toe’s daar ‘n klop aan die venster. “Fok” skrik Elmarie van Ettiene toe sy die gordyn weg trek. Buitekant sien ek en Dolfie vir Kersvader verby stap deur se kant toe. Baie opgewonde maak ons oop en Kersvader gee ‘n vieslike hoes en toe gee hy vir ons elkeen ‘n drukkie. Lyk my kersvader hou ook van sherry want hy ruik nes ouma Lien vanaand en ek sien hy’t ook nie ‘n tand nie. Almal is vreeslik opgewonde om vir Kersvader by ons te hê en ek is baie bekomerd oor ouma Lien wat nog nie terug is van

“Aan Toekie van Sarel” lees Kersvader en ek hardloop om vir tannie Toekie haar pakkie te gee. Almal sê vir haar om oop te maak en tannie Toekie glimlag breed toe sy ‘n nuwe pak panties en wasgoed pennetjies uit haar boksie uit haal. “Hoe’t jy geweet?” glimlag sy vir oom Sarel en gee vir hom ‘n dankie soen. “Aan André van jou vyfde vrou” sê Kersvader en Dolfie hardloop om vir oom André sy pakkie te gee. “Maak oop, maak oop!” skreeu almal. “Dis ‘n egskeiding!” sê hy baie gelukkig en almal glimlag en klap hande toe hy vir sy vyfde vrou ‘n dankie soen gee. “Aan Dolfie van Aunty Louise” se Kersvader. Dolfie maak oop en dit was die mooiste stel stovepipe jeans wat ek al in my lewe gesien het. Uiteindelik lees Kersvader my naam, “Ann Werner van Ouma Lien”. Dit was ‘n groot boks en hy was nogals swaar gewees. My ogies het geskitter en ek het aan die bewe gegaan. “Dis my Little Mermaid pop” fluister ek saggies vir myself, ek skeur die papier oop en ‘n paar skoolkouse val uit en toe sien ek ‘n “toolbox”. “Wat’s die?” vra ek verward. “Dis vir seuntjies om hulle oumas en ma’s te help in, en rondom die huis” sê Kersvader. “Selfs al is hulle agt jaar oud?” vra ek. Almal het hulle

Dolfie, en oom André se
vyfde vrou
persente gekry en oopgemaak en intussen het oom Sarel; sy hande vol met tannie Toekie wat met alle mag haar panties wou pas. Kersvader vat toe nog ‘n sherry op pad voordeur toe en hoes weer lelik toe ons die deur vir hom oop maak. Hy was nie lank weg nie toe kom ouma Lien terug, sy’t so bietjie skuins geloop en het intussen ‘n baard gegroei sien ek.

Tannie Louise en oom Dirk gesels met my ma en met Elmarie van Ettiene, ek pas Dolfie se stovepipes aan en speel met my tang, ouma Bettie wys vir oom Sarel waar die bosluis vir Stoffel gebyt het, ouma Lien gooi sherry en toe lui die voordeur klokkie. “Jirre wie kan tog nou so ontydig wees” sê ouma Lien toe sy ‘n bietjie sherry mors op pad deur toe. Dit was oom Piet, haar broer. Hy’t sy wit pak aangehad en ons het geweet as hy in wit is dan wil hy dans. Sy wou nie die deur oopmaak nie maar sy moes, terwille van ouma Bettie. Oom Piet kom toe in en sê vir almal hallo “Kan ek oom se handsak vat?” vra ek met my hand op my heup in Dolfie se “stovepipes”. Hy was ‘n “mechanic” gewees so ek gee toe my “toolbox” vir hom en sê “Geseënde Kersfees oom”. Ouma Lien is besig met nog ‘n rondte sherry en die keer help
tannie Toekie haar. Ouma Lien is so bietjie geïrriteerd maar in die gees van Kersfees besluit sy om tog maar haar broer se geselskap te verdra vanaand. Mens kon sien ouma Lien en oom Piet was broers gewees, veral vanaand dat hulle altwee baard gehad het. Niemand het geweet hoe laat dit was nie want oom Jacques het die horlosie gesteel. Dit was of agt uur of twaalf uur maar toe ons weer sien toe’t tannie Una vir oom Piet beet en hulle maak ‘n draai om die sitkamer op Teenage Queenie van Pussycat. Met elke draai skop oom Piet sy been uit en as daai voet terug kom aarde toe dan draai daai twee die ewigheid in. “Yes mam!” skreeu ek toe tannie Una se “extensions” my in die gesig slaan.



Dit was regtig ‘n baie lekker kersfees gewees, dis jammer ouma Babs het so baie Krismis koek geëet want sy’t ‘n oulike partytjie gemis. Die grootmense het daai aand tot ou nag toe gekuier. Tannie Louise en oom Dirk het gesê hulle gaan ry, hulle moet nog vir Melicia haar persent vat. “Take it easy” sê ek toe hulle by die deur uitstap. Elmarie van Ettiene en Ettiene het gevra of hulle kon oor slaap want Elmarie was so dronk sy kon nie sien nie en beide hulle families was in Natal, so niemand kon hulle kom oplaai nie. Nadat die dakwaaier vier van tannie Una se extensions uitgetrek het, is sy en oom Jacques toe ook maar huis toe gewees. Ouma Lien het die kersboom liggies afgesit en een laaste heildronk ingestel voordat sy kersfees offisieel verby verklaar het. Sy’t dit in ‘n ander taal gedoen want niemand het haar verstaan nie. Die volgende dag is ek en my ma Foshinis toe, sy’t haar geld terug gekry vir die bloes en toe het sy my Checkers toe gevat, sy’t vir my die Little Mermaid pop gekoop.
My Little Mermaid pop


