
My Ou Fokken Daggie


Ek weet nou nie of jy al ooit van tevore kar probleme ervaar het nie, maar as jy groot geword het in ‘n huis en ‘n familietjie soos myne, dan was kar probleme heel bo aan jou lysie saam met MAQ waspoeier, weggooi skeermesse, siegrets en Red Door. Ek onthou ons Charade, Buksie, se Pratley putty deurknoppies en hoe my ma vir oom Wimpie gaan oplaai het op pad werk toe, en hoe hulle altwee dan by die kar se “boot” moes uitklim omdat die deur handvatsels net op Dinsdae en op elke tweede Sondag gewerk het. My ma het haar kar probleme geërf van Ouma Lien af.
Ons almal ken en onthou hierdie nommertjie
15 November 2021
Ouma Lien is vandag 74 jaar oud en vir 74 jaar lank het sy kar probleempies gehad. Sy’t ‘n volla gehad met ‘n “beat” en ‘n vieslike “backfire”, mens het vreeslik skaam gekry as sy jou by tannie Rita se Brakenjan kleuterskool moes kom oplaai. Ek’t my ouma tannie genoem sodat my maatjies nie moes dink sy was familie nie. Dan het sy ‘n Audi gehad wat geroes het regdeur tot in die teer-pad in. Ek onthou sy’t eenkeer ‘n “lipstick” so deur die kar se vloer verloor op pad na Abby-Gail se doop toe. Daai ding lê vandag nog iewers langs die N3. En dan het ek julle al vertel van die ou fokken Jetta, dié se linker voorwiel het eenkeer aanhou ry toe ouma Lien by ‘n vierigting stopstraat stilgehou het en is toe deur tannie Baby se sitkamer venster, reg oor haar nuwe sitkamerstel. Haar poodle het bleikbaar sy biesies bed bepis en ‘n hol streep oor haar mat getrek uit pure benoudheid.
Ouma Lien het eers toe sy my by die laerskool hekkie afgelaai het agter gekom sy ry al vir vier kilometer sonder ‘n linker voorwiel. Daar is nog tekens in Klerksdorp van hierdie daggie. Leemhuisstraat het ‘n vieslike groef weg, net om die hoek as mens by Mike se kafee verby ry, en tannie Baby sukkel vandag nog as sy ‘n kar hoor stil hou. Sy laster bleikbaar verskriklik en poep kort, maar aanhoudend vir tien minute lank.
Inelkgeval, ek’t aanvanklik gedink ek’t die vloek van kar probleme vrygespring, ek’t immers matriek en ‘n universiteitsgraad. My gradeplegtigheid was ook ‘n groot dag vir ons familie gewees. Almal was by my gradeplegtigheid, en as ek sê almal dan bedoel ek ALMAL. Terug na die vloek van kar probleme, so koop ek vir my ‘n ou karretjie in Taiwan, vreeslike oulike ding man. Hy’t allerhande knoppies wat nie werk nie, ‘n radiotjie, en ’n lang krap aan die regterkant wat strek van die neus tot agter by die brieklig. Ek was verskriklik in my noppies die dag toe ek die karretjie koop. Ek’t ‘n twaalf maande waarborg, ‘n piekniek mandjie en ‘n baba saam met die kar gekry en na ‘n onsettende lang gesprek, ‘n gevloek en ‘n gesoebat het die handelaar toe op die einde ingestem om die baba, en drie maande se gratis versekering vir die volgende kliënt aan te bied. Ek is daai dag daar weg met ‘n dankbare gemoed en ‘n gebed in my hart.

My oulike karretjie
Dinge het verskriklik goed gegaan behalwe vir die eenkeer toe my karretjie warm geword het op die snelweg. Ek het geweier om te stop en het aanhou ry tot by die naaste vulstasie. ‘n Petrol joggie draf-stap eiwerig na my toe en maak die “bonnet” oop en dit was die laaste keer wat ek hom ooit weer gesien het. Toe daai “bonnet” oopgaan toe ontplof my water-tenk en skiet daai man oor twee woonstelblokke. Ek het later gehoor hulle het hom drie blokke verder opgetel en dat hy nou ‘n motiveringspreker in Boston, Massachusetts is.
My karretjie is nogals spoggerig want jy sluit sy deure oop met n “remote”. Ek is die heel eerste persoon in ons familie wat ‘n karretjie met ‘n “remote” gery het. Dit was nogals ‘n groot affêre en almal het gebel en allerhande vrae gehad. My ma moes haar Charade met ‘n stuk draad deur die venster bykom om die knoppie te lig, en ek onthou vaagweg hoe ouma Lien eenkeer ‘n rooi baksteen deur haar Fiat se ruit moes gooi anders sou sy laat wees vir werk. Ek moet sê, dit was nogals heel lekker, vir ‘n verandering, om net ‘n knoppie te kon druk en soos ‘n normale mens toegang tot jou voertuig te kon kry. Hy’t elektriese vensters ook gehad. Ek weet dit was een van ouma Lien se groot drome gewees om eendag so kar te kon ry. Ek onthou goed hoe sy eendag buite Foschinis begin slinger het aan haar ruit en drie “gel” naels tot in die lewe afgeskeur het. Sy sit nou akriel op, my ma sê dit lyk goedkoop maar dis darem sterker en meer prakties.
Hy was dadelik vervang met ‘n nuwe petrol joggie. Gelukkig, wel in die geval, kon hy nie Engels praat nie en ek nie Chinees nie en ons het altwee net na mekaar gekyk, en toe dit ongemaklik begin raak het toe sê ek in Afrikaans; “Dis ‘n stuk kak, jy moet nooit ‘n Ford koop nie en ken jy Skarumba van Juanita Du Plessis?” en hy’t iets terug gesê in Chinees en toe koop ek ‘n “fuse” of ‘n “sparkplug” of iets en toe’s ek daar weg. Ek kan eerlik wees en sê dat dit die eerste en die laaste keer was wat ek gesukkel het met my karretjie tot en met drie jaar later, op 9 November, 2021.
Dit was ‘n normale Woensdag oggend, dit was so bietjie bewolk, die lug was koel, en ek hoor hoe die buurman sy vrou weer bliksem. Moenie kommer nie, ek het dit aangemeld by die gebou opsigter maar sy’t gesê ek moet my nie daaraan steur nie. Die vrou is blykbaar mal en los die man nie uit nie so dan bliksem hy haar maar so af en toe, maar hulle is eintlik vreeslik lief vir mekaar en gelukkig getroud.
Ek’t besluit om bietjie mooi aan te trek vir skool, jy weet, een van daai dae wat jy vir jouself in die spieël kyk en dan dink dat jy tog eendag, iewers iemand gaan ontmoet wat van jou huis ‘n tuiste kan maak. Ek’t ook my duur oog room aan en ‘n dingetjie wat lekker ruik.
In elk geval, ek lyk kak ryk en so stap ek na my karretjie toe. My ma het altyd gesê mens hoef nie ryk te wees om mooi aan te trek nie terwyl sy ‘n gat in my Ackermans onderbroekie toe werk. Die buurvrou staan op haar balkon, lig haar bloes op en skree in baie gebroke Engels “Fuck you”, en toe gooi haar man haar met ‘n asbakkie, en toe gaan sy weer terug in die huis in.

My Straatjie
Ek bly in ‘n ontsettende interessante straatjie. Op die hoek bly ‘n baie oulike hoer wat al 15 jaar in die bedryf is. Sy gee altyd vir my eiers wat sy gekook het in ‘n groen tee. Drie huise verder bly twee lesbene, Li en Vivian, wat met voëls boer. Hulle Engels is baie goed en gewoonlik as ek probleme het dan bel ek hulle om te vertaal. Dit is nogals baie gerieflik dat een van hulle voorheen ‘n polisieman was, “Mens moet altyd iemand in die mag ken” sê my ma altyd. Vanoggend, vir een of ander rede, sukkel ek met my karretjie se “remote”. Die ding wil nie lekker werk nie man en ek raak senuagtig en verbouereerd want ek gaan laat wees vir werk. Ek druk my duimnael blou en fluister ietsie leliks deur my geknersde tande en God dank vat hy en my deur gaan oop.

Die lesbene is besig om saad vir hulle kokketiele te gooi en waai vir

my toe ek verby ry. Ek kry my twee tee eiers by die hoer en so begin ek elke oggend my tog skool toe. Toe ek by die skool kom sien ek dat Danielle Parker op my plek gestop het. Ek haat haar regtig. Sy’t eenkeer onderlaag uit my gym-sak uit gesteel en van toe af praat ons glad nie meer met mekaar nie.
Die hoer se tee eiers
Li het hier gewerk
houdings die afgelope sewe maande en brei nou serpies en truie om haar gedagtes besig te hou. Mens kan die hartseer en ellende aan daai wol ruik.
Ek kry toe ‘n parkeer plekkie in ‘n gesiene residensiële gebied net om die draai van my skool. Ashley, ‘n ontsettende oulike maar benoude huishoudkunde onderwyseressie, loop my toe raak en sê vir my dat ek baie mooi lyk vandag en dat sy van my skoene hou en dat sy weer begin brei het. “Dankie” sê ek, “hulle was baie duur, ek’s bly om te hoor jy brei weer, dit hou jou hande uit die moeilikheid uit.” Sy was in vier ver-

Benoude Ashley
Rochelle Zietsman
Ek besluit om maar liefs nie my kar vandag te sluit nie want ek wil nie weer sukkel met die “remote” soos vanoggend voor werk nie. Taiwan is veilig, so ek is nie bekommerd dat iemand die kar sal steel nie. Teen drie uur die middag vra Rochelle Zietsman vir my of ek haar “Tupperware” onthou het. Sy het verlede week nog iets aakligs uit die hel uit opgekook en vir my ‘n snytjie van watokal dit was gebring. Ek dink sy’t gesê dit was iets soos ‘n patrys “pudding”. Dit val my toe by dat dit op my karretjie se agter sitplek lê. “Ja” sê ek, “Ek’t nou klas so ek kan dit nie nou vir jou gaan haal nie maar as jy wil kan jy my karsleutels vat op my lessenaar in die kantoor, die “Tupperware” is op die agtersitplek.”

Die dag vlieg verby en uiteindelik is dit tyd om huis toe te gaan. Ek lyk nogsteeds soos vanoggend. maar so bietjie verweerd en moeg, nadat Tracey-Leigh-Anne en Lady Gaga, twee graad 12 leerlinge in my klas, gevang was vir plagiaat en toe elk ‘n sigaret in die dames badkamer loop aansteek het. Ek was heel verlig om die dag agter die rug te hê. By die skoolhekke uit, loop Rochelle Zietsman die sebrastreep heel mis toe sy my sien en ongemaklik totsiens wou waai. ‘n Geel Toyota mis haar met twee sentimeter maar ek’t gemaak of ek niks sien nie en toe vinniger na my karretjie toe gestap. Rochelle Zietsman se penne, potlode, ‘n oorbel en ‘n haarstuk lê die hele pad vol. Toe ek by my karretjie kom dag ek laat ek net sien of sy “okay” is. Sy’t haar goedjies opgetel en weg gestap met ‘n bles kol waar die haarstuk vroorheen vasgegom was. “Jirre siestog” dink ek , sy’t nognooit ‘n kêrel gehad nie en ek het konstant ongemaklik gevoel in haar geselskap. Toe ek uiteindelik my kar deur wou oopmaak was hy gesluit. Ek’t gedruk en gedruk aan die “remote”maar dit was tevergeefs.

Die alarm gaan af en dit is die hardste, lelikste geluid wat jy nog ooit gehoor het. Die klank sny deur jou diepste beenmurg. As armoede ‘n geluid kon maak dan het dit so geklink. Ek druk die knoppie soos ek nog nooit van tevore iets gedruk het nie, maar niks werk nie, en hier staan ek, my karretjie skree en almal kyk vir my.
Moedeloos
Ek is op die plek so geïrriteerd soos die dag toe ‘n student, by Dahpne Lee skool vir gestremdes, vir Sonet Combrink met ‘n stuk tuisgemaakte seep teen die kop gegooi het. “Bly kalm, hier is ouers en studente wat jou kan sien” moet ek vir myself sê want ek besef dat ek moontlik, net soos vanoggend, weer baie gaan sukkel. Ek druk die knoppie op die “remote” maar niks gebeur nie. Tien minute gaan verby maar my deur is nogsteeds gesluit. Ek besluit toe om geweld te gebruik, dit het ek by my ma geleer. Daar was gereeld iets teen ons muur of op die vloer gegooi. Dit het begin in die winter van 1991 toe sy my teen die muur gegooi nadat ek nie wou ophou kots en huil nie, blykbaar het dit gewerk en van toe af gooi ons goedjies in ons huis as ons vir langer as wat nodig is daarmee sukkel.
In my kop dink ek “Die Here moet vir my vandag krag gee, maar net nie te veel nie want ek gaan dit mors” en ek vat toe my sleutels en gooi dit nogals redelik hard, dalk te hard, op die grond neer. Ek druk die knoppie maar niks! Eweskielik onthou ek dat ek nie die “remote” nodig het nie maar dat ek slegs, soos voor die jaar 2000, die sleutels kan gebruik om die kar oop te sluit. Verlig, druk ek die sleutels in, sluit- en maak die deur oop en dis toe wat dit gebeur.



Gedaan
Tracey-Leigh-Anne en Lady Gaga staan oorkant in die parkie en rook en gooi vir my ‘n middel vinger. Ek is in ’n absolute toestand, waar is Sonet Combrink en wat moet ek doen? Niemand praat Engels nie en soos wat dit voorkom lyk dit ook nie regtig of iemand enigsins belangstel om my te help nie. Ek bel toe die twee lesbene wat met voëls boer en na vyftien, baie lang minute, stop hulle daar. Intussen het die man in die huis waarlangs my kar geparkeer staan my gedreig met ‘n geweer en amper een van sy honde op my laat los maak.
Die lesbene stop, vreeslik bekommerd, en gee vir my twee tee eiers wat die hoer vir hulle gegee het op pad hierheen. Li, een van die lesbene, het ‘n voller figuur gehad en my laat dink aan Dianda Lont se ma wat altyd ACDP pamflette uitgedeel het buite Edgars, en by skool atletiek byeenkomste die slegste kerrie en rys, wat jy in jou hele lewe al geproe het, verkoop het. Sy’t haar Jodie Foster T-hemp aan sien ek en sy trek die Velcro aan haar sandale stywer vas, skuif haar tollie reg, en haal toe haar "toolbox" agter haar Opel uit.
“Pop the hood” sê sy toe sy verby my stap, ek kan ruik sy’t nie vandag “roll-on” aangesit nie. Die ander lesbeen, Vivian, het ‘n mank voet gehad en met ‘n kop flitsie verby my gewaggel sodat sy vir Li kan help. Voor ek kon keer toe het Li drie drade geknip, die "bumper" afgehaal en 30% van my kar se “engine” verwyder. “Fok” dink ek “Hou net op, jy voer kokketiele vir ‘n lewe en nou sit jy met my samp in jou hande” “Can we call the police?” skree ek bietjie benoud en geïrriteerd. Intussen skreeu die alarm onophoudelik, maar dit pla vir Li min want sy’t destyds toe sy ‘n polisieman was 70% gehoor in haar linker oor verloor na ‘n frats ongeluk op ‘n skietbaan.
Nadat Li nie kon reg kom nie, vee sy die sweet van haar snor af en sê sy vir my dat al wat nou gaan help is as ons die battery ontkoppel sodat die alarm kan ophou skree. Ek wou vra hoekom sy nie daaraan kon dink voordat sy my hele “engine” uitgehaal het nie, maar voor ek my mond kon oop maak gee Vivian vir haar ‘n nr.14 tang of ‘n “spanner” of iets en sy ontkoppel toe die battery in drie vinnige, aggressiewe bewegings. Uiteindelik, na amper ‘n uur se vernedering, is die alarm stil. Li vryf haar hand deur haar hare, spoeg op die sy-paadjie en sê toe ek moet nou maar saam met hulle huistoe ry en dan more my “remote” laat regmaak. Sy skuif haar tollie reg en tel haar "toolbox" op en ons klim in die Opel. Ons luister die hele pad Avril Lavigne en ek het die venster so klein bietjie oopgemaak want Li ruik soos “fan belt” en sweet.

Die hoer was blykbaar verskriklik bekommerd want toe ons by die huis stop was daar ‘n hele battery tee eiers op my stoep. Die buurvrou is op haar balkon op die tweede vloer en teug diep aan ‘n sigaret. Haar bene rus oor die reling, sy’t alweer nie ‘n "panty" aan nie sien ek.
Ek tap daai aand vir my ‘n bad so warm jy brand blase. Iewers, agter ‘n vervalde pak hawermout, krap ek ‘n blik Epsom sout uit en gooi vyf koppies, en ‘n halwe glas whiskey in die water. Ek lê terug en probeer ontspan, die sout vreet gate in my vel. Langsaan klink dit of die buurman en buurvrou vrede gemaak het, en in die verte hoor ek Li en Vivian se kokketiele.
Li het vir my haar bobbejaan “spanner” geleen en my gewys hoe om my battery terug te koppel voor ons my kar vir die nag langs die pad gelos het. Die volgende dag na werk het ek probeer met die bobbejaan tang, maar die laaste keer toe ek met gereedskap gewerk het, het ek vergeet om ‘n moer vas te draai in die eetkamer tafel poot en toe twee weke later het ons, ons Cocker Spaniel begrawe nadat die tafel haar dood geval het. Ek weet nie hoe daai goed werk nie, so ek het toe maar die battery draad met “cellotape” en “press stick” probeer vas maak . Dit het my gehou tot by die naaste “mechanic”. Hulle het toe sommer my “remote” se battery vervang en dié werk nou weer klop disselboom .
Soos wat ek terug ry huis toe daai middag dink ek terug aan ouma Lien se Fiat, tannie Baby se post traumatiese poepe, die Pratley putty op ons Charade se deurknoppies en aan Li se Velcro sandale. Alles was nou klaar en die lewe was weer normaal, ek ry ‘n kokketiel dood.
Wat ‘n fokken daggie.
