





sy haar mond trek wanneer sy haar grimering aansit, hoe sy elke aand met ‘n kop vol krullers gaan slaap en die alewige gesoek na haar tand. Ek was die enigste kind so ek het grootgeword in die geselskap van grootmense. Ouma Bettie was my ouma grootjie gewees en sy het by my ouma gebly.

Ek is gebore in Klerksdorp op 20 Junie 1990 en was groot gemaak deur my ma en my ouma, nadat my ma en pa geskei het toe ek een jaar oud was. Van kleintyd af was ek as ‘n Christen groot gemaak en was my hele lewe lank omring deur ‘n konserwatiewe omgewing. Ons was Sondae oggende sowel as Sondae aande kerk toe gewees. Ek en my ma was in oom Thys se kerk. Hy was ‘n pastoor waarvoor my ma die grootse verwon-dering gehad het (en steeds het). Ouma Lien was in die gereformeerde kerk. Ek het niks daarvan gehou om saam met haar kerk toe te gaan nie, want die hele gedoente was vir my te styf gewees. Ek’t nie gehou van ‘n das aantrek en kerkskoene dra nie en ouma Lien het die slegste kerk lekkers gehad, harde pepermente, dit het en sal altyd vir my proe soos armoede. My ma, soos baie ander, moes werk om kos op die tafel te hou so na skool het ek na my ouma toe gegaan. Sy bly in ‘n redelike arm omgewing van die dorp, maar daar is absoluut geen tekort aan vermaak as dit kom by die alledaagse doen en late van die mense in Loeriestraat nie. Loerie straat is so bietjie kommin om eerlik met jou te wees, maar dit was en is nog steeds my huis. As klein seuntjie het ek my verwonder aan my ouma en aan al die klein goedjes wat sy elke dag gedoe het soon die manier waarop

Baba ek
Ek kan onthou hoe ons vir al die ander ou mense in die ouetehuise gaan kuier het en dan was daar vir my gesê ek moes stil sit en soet wees, want ouma Lien het nogal ‘n kort humeur aan haar gehad (sy het nog steeds). Ek onthou vir tannie Hannie en hoe sy lank en diep aan haar sigaret getrek het wanneer ons in haar sitkamer gesit het en aan ‘n ietsie lekkers smul. Ek onthou vir tannie Baby en vir ouma Babs vir wie ons gaan haal het in Hartebeesfontein om naweke vir ons te kom kuier. Dan was daar die gebak en gebrou. Niemand kon anysbeskuit bak soos ouma Bettie nie en ek onthou die groot gedoente in die kombuis op Saterdae wanneer die deeg geknie word en die beskuit panne gespuit word en dan sien ek hoe my ouma ‘n stukkie deeg in botter doop voordat sy dit versigtig in die pannetjie sit.
Ek was altyd uit die kombuis uitgejaag, want ek was in die pad en hulle het baie gehad om te doen. My ouma het ook maar gesukkel om kop bo water te hou so daar was nooit regtig geld gewees vir ‘n ordentlike kar nie. Sy moes maar altyd tevrede gewees het met wat sy op daardie stadium kon bekostig, en van wat ek kan onthou was kar probleme nog altyd deel van haar lewe gewees. Terwyl ons op die onderwerp van karre is dink ek dit is belangrik dat jy weet dat sy nogal vining op ‘n robot of vier rigting straat afkom voordat sy begin briek, en dat sy haar wiele krap teen sypaadjies wanneer sy parkeer of om ‘n draai gaan. In die

90’s was ek te onnosel om bang te wees, maar soos wat ek later in my tiener jare inbeweeg het was ek nogal skrikkerig met kere wanneer ek saam haar gery het. Wanneer ek nie by my ouma was nie was ek by die skool of by my en my ma se woonstel wanneer sy my na werk kom oplaai het by my ouma.
Ouma Bettie se anysbeskuit
My ma en my ouma is albei baie mooi vroue en trek nog altyd mooi aan. Hulle spandeer ure voor die speël om reg te maak, en dan word hulle uitrustings mooi uitgekies en afgerond met ‘n nagebootste parfuum deur Estée Lauder, want daar was nie geld vir die oorspronklike parfuum nie. My ouma is ‘n agent wat haar lewe lank al hierdie parfuums verkoop. Sy het alles probeer om ‘n ekstra geldjie te kon maak en lewe verskriklik spaarsamig. Sy was betrokke by meeste piramiede skemas in die land en ek kan spesifiek onthou hoe opgewonde sy was oor CoreClub en hoe sy vir tannie Hannie, ouma Babs, oom Hennie en tannie Marieta in haar sitkamer gehad het en hoe hulle ‘n video gekyk het oor nog ‘n skema wat net vir twee weke op almal se tonge was voordat hulle besef het dit was ‘n mors van tyd en geld net soos die 15 vorige skemas waaroor hulle opgewonde geraak het.

My Ouma

My Ma

Die CoreClub Tannies
Ek het vroeër genoem dat my ouma nogal vinnig geïrriteerd kan raak, maar ek het vergeet om te sê dat my ma presies dieselfde is. Hulle wys dit op verskillende maniere, my ma het altyd bietjie vinniger gery as gewoonlik en hard gebriek wanneer ons moet stop as sy bietjie geïrriteerd was en mens kon agter kom aan my ouma se taalgebruik en stemtoon dat jy nou moet stil bly. Alles wat ek vir jou hier vertel het is om vir jou net so bietjie agtergrond kennis te gee tot my lewe vir wanneer jy die stories gaan lees. Ek het vir lank kort gebeurtenisse in my lewe op Facebook gedeel en dit het vir my voorgekom asof mense my stories geniet het. Baie mense het vir my gevra wanneer ek ‘n "blog" gaan begin en het gevra ek moet meer skryf. Toe ek in 2015 Taiwan toe getrek het, het ek na my familie verlang in Suid Afrika. Ek het nostalgies geraak en begin terug dink aan my kinderdae en veral aan die tye wat ek by my ouma gekuier het. Ek het begin skryf en dit was asof ek alles weer kon sien, kon voel, kon hoor en kon ruik. Ek was weer die seuntjie in die 90’s, in realiteit ver van die huis af, maar tog so naby. Die skryf was/is ‘n manier vir my gewees om te voel my mense was by my.
Die dieper kant van my skryf fokus meer op my eie opinies en waarneming van die wêreld waarin ek groot geword het en waarin ek tans leef. Ek is gay en het vir die meerderheid van my lewe (tot dusver) ‘n leuen gelewe om ander mense gelukkig te hou. Ek’t grootgeword in ‘n huishouding waar enige iets vreemd of anders verkeerd en sonde is. Vyf generasies het groot geword in Loeriestraat 45 en my ouma en my ma was hulle hele lewens omring deur dieselfde mense met dieselfde sienings en dieselfde opinies as hulle. As gevolg hiervan het ek baie vrae gehad oor my geloof asook oor my identiteit. In die dieper kant van hierdie “blog” skryf ek daaroor. Ek wil wel duidelik maak dat ek steeds in Jesus glo, maar dat ek anders in Hom glo as wat my ma en ouma doen. Ek sien myself as ‘n liberale Christen. Ek persoonlik voel Jesus was een van die eerste gelowige liberale denkers en dit was juis daarvoor dat Hy gekruisig was. My ouers (my ouma en my ma) het ‘n afsku in die woord liberaal. Om oop kop te wees oor die lewe is vir hulle ‘n sonde, maar dis ook hierdie konserwatiewe houdings wat gedeeltelik die inspirasie is agter my ligter stories.


Ek en Ouma Bettie
Stoffel
Ouma Bettie, tannie Hannie, ouma Babs en baie ander is al oorlede vandag, maar hulle lewe voort in my stories. Ek hoor hoe ouma Bettie lag vir haar hond Stoffel vir wie sy so bitterlik baie lief was. Ek ruik weer haar anys beskuit en verstaar my aan die bloedrooi kooltjie aan die punt van tannie Hannie se sigaret wanneer sy praat oor die liefde van haar lewe, oom Stollie. Baie van die stories is gebaseer op iets wat ek ervaar het en word vertel deur die oë van ‘n 8 jarige seuntjie wat ‘n fyn oog vir “detail” gehad het en wat nie ‘n woord gemis het wat uit ‘n grootmens se mond uitgekom het nie. Natuurlik is daar hier en daar stertjies aangelas vir vermaaklikheids onthalwe. Skuif ‘n stoel nader en sit saam met ons om die kombuistafel, vat een van ouma Bettie se anys beskuitjies en geniet die warm koppie koffie wat ouma Babs vir ons maak. Rook ‘n sigaret saam met tannie Hannie en luister na haar stories oor oom Stollie se

reis deur nostalgie. Miskien het jy, of ken jy ook ‘n ouma Lien, ‘n tannie Baby en ‘n Stoffel. Sien dit, hoor dit, voel dit, maar die mees belangrikste, lewe dit!
​
Werner
​
Sommige karakters en hul streke is fiktief
drankwinkel. Ek hoop jy geniet saam met my hierdie
Tannie Hannie
